Naram-Sin, ook getranskribeer as Narām-Sîn of Naram-Suen (Akkadies: : DNa-ra-am DSîn, "Geliefde van die Maangod Sîn", met die 𒀭 ’n onuitgespreekte eretitel vir "goddelik"), was ’n koning van die Akkadiese Ryk wat van omstreeks 2254-2218 v.C.Middelchronologie van die Midde-Ooste regeer het. Hy was die kleinseun en derde opvolger van koning Sargon van Akkad. Onder Naram-Sin het die ryk sy maksimum mag bereik. Hy was sover bekend die eerste Mesopotamiese koning wat op goddelikheid aanspraak gemaak het – hy het die titel "god van Akkad" aangeneem – en die eerste een wat die titel "koning van die vier kwartiere, koning van die heelal" gebruik het.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Akkadiese konings