Stefanus IV (V) was die 97ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Weens die statusverandering van Pous Stefanus (II), was Stefanus IV vanaf die begin van die 13de eeu tot 1961 bekend as Stefanus V en was hy die 98ste pous. Sien Lys van pouse (onderafdeling: Die spesiale geval van Pous Stefanus (II)) vir volle besonderhede.
Biografie Pous Stefanus IV (V) is gebore Rome, die seun van Marinus. Op 22 Junie 816 volg hy Pous Leo III op en regeer tot sy dood op 24 Januarie 817. Hy word opgevolg deur Pous Paschalis I. Die naam ‘Stefanus’ beteken 'gekroonde'.
Pontifikaat Onmiddellik na sy ampsbevestiging het Pous Stefanus IV die volk van Rome beveel om trou te sweer aan Lodewyk die Vrome, koning van die Franke en seun van Karel die Grote. In 816 kroon die pous Lodewyk tot keiser en sy vrou Irmengard as keiserin in die stad Reims. Lodewyk het op sy beurt die pous belowe dat daar nie ingemeng sal word met die verkiesing van pouse nie. Terwyl hy in Frankryk was het hy ook die pallium aan Theodulf van Orleans oorhandig.
Bibliografie Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. .
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Opvolging
Stefanus IV (V) Kategorie:Sterftes in 817