Erica patens is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Groenlandberg naby Elgin voor. Die plant is onlangs herontdek nadat dit vir 200 jaar nie gesien is nie; daar is een populasie van 250 plante. Die plant groei stadig en leef lank, dit word bedreig deur indringerplante soos die Pinus en Hakea-spesies terwyl te veel veldbrande ook 'n bedreiging is.
Sien ook Lys van Erica-spesies
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
patens Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika