Erica paucifolia is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor in die Houhoek- en Kleinrivierberge. Daar was sewe subpopulasies maar slegs twee bestaan, die ander subpopulasies is uitgewis weens voorstedelike ontwikkeling en indringerplante, laasgenoemde by Honingklip.
Die plant het twee subspesies: Erica paucifolia subsp. ciliata (Klotzsch) E.G.H.Oliv. Erica paucifolia subsp. squarrosa (Benth.) E.G.H.Oliv.
Sien ook Lys van Erica-spesies
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
paucifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika