Erica paludicola is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom in die Kaapse Skiereiland, van Noordhoekpiek tot by Silwermynvallei. Daar is twee subpopulasies. Die populasie by Silwermyn was groot maar padkonstruksie, indringerplante, besoedelde stormwater en vure in 2000 het tot gevolg dat die populasie hier nou minder as 130 plante is. Die habitat word steeds bedreig deur voorstedelike ontwikkeling, indringerplante en besoedelde stormwater.

Sien ook Lys van Erica-spesies

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

paludicola Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika