duimnael|regs|300px|'n Satellietbeeld van die benede-Mfolozi Die Mfolozirivier (Umfolozi, Imfolozi, Umfeloos, Veloos) is 'n rivier in KwaZulu-Natal.

Rivierloop Hierdie rivier ontspring by die samevloeiing van die Swart-Mfolozirivier en die Wit-Mfolozirivier, op die suidoosgrens van die Hluhluwe-iMfolozipark, by 28° 20′ 58″ suid en 31° 58′ 46″ oos. Dit is 43 km stroomop van die mond in die Maphelane-natuurreservaat, 'n deel van die iSimangaliso-vleilandpark.

Vrugbare grond Dit vloei van wes na oos en het 'n opvanggebied van net oor die 11 000 km². Op die oewers word met katoen, sisal, beeste en bloekombome geboer. Sedert 1911 word op die vrugbare grond op albei oewers suikerriet geplant. Swak boerderymetodes het tot erge erosie gelei sodat slik in die St. Luciameer aan die kus beland het. 'n Modderbank het in sy mond opgebou en normale getywerking verhoed. Daarom is die riviermonding in Mei 1951 gesluit en 'n kanaal gegrawe sodat die rivier sedert 1961 by 28° 23′ 7″ suid en 32° 25′ 31″ oos op sy eie in die Indiese Oseaan uitmond. Die nuwe monding is egter slegs enkele meters suid van die St. Luciariviermonding.

Oorstromings Die Mfolozi is meesal 'n rustige rivier wat deur moerasse met riete en papirus na die see vloei. Oorstromings in 1918 en weer in 1925 het egter tot lewensverlies en groot skade aan landerye en geboue gelei. Met die tropiese storm Domoina en in 1987 was dit weer die geval.

Bibliografie Bate, G.C., A.K. Whitfield en A.T. Forbes: A review of studies on the Mfolozi estuary and associated flood plain, with emphasis on information required by management for future reconnection of the rivier to the St. Lucia system. wrc.org.za portfoliocollection.com Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 9. Kaapstad: Nasou, 1973. Wannenburgh, Alf: The natural wonder of Southern Africa. Kaapstad: Struik, 1984.

Kategorie:Riviere in KwaZulu-Natal