Die Wit-Mfolozirivier (Wit-Umfolozirivier, Imfolozi emhlope, Wit-Umfeloos) is 'n standhoudende rivier in KwaZulu-Natal.

Hierdie rivier ontspring noordwes van Vryheid, by 27° 42′ 48″ suid en 30° 38′ 9″ oos en op 'n hoogte van 1600 m. Dit kronkel aanvanklik suidoos en daarna oos deur die heuwels van die sentrale deel van Zoeloeland, loop deur die Matshisholo-natuurreservaat en sluit dan op die suidoosgrens van die Hluhluwe-iMfolozipark by die Swart-Mfolozirivier aan om die Mfolozirivier te vorm. Die rivier is 375 km lank en het 'n bekken van 9 200 km².

Sy vernaamste sytak is die Sandspruit wat uit die noordweste aansluit. Die nedersettings Ulundi en Mahlabathini lê noord van die rivier.

Bibliografie Bate,G.C. en A.K. Whitfield en A.T. Forbes: A review of studies on the Mfolozi estuary and associated flood plain, with emphasis on information required by management for future reconnection of the rivier ot the St. Lucia system. wrc.org.za portfoliocollection.com Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 9. Kaapstad: Nasou, 1973. Wannenburgh, Alf: The natural wonder of Southern Africa. Kaapstad: Struik, 1984.

Kategorie:Riviere in KwaZulu-Natal