Stefanus (II) was die 92ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Stefanus (II) volg op 23 Maart 752 vir Pous Sagarias op, maar sterf weens 'n beroerte voordat hy in die amp bevestig is op 25 Maart 752. Hy word opgevolg deur Pous Stefanus II. Die naam ‘Stefanus’ beteken 'gekroonde'.
Pontifikaat Pous Stefanus (II) is wel wettige as pous verkies, maar nooit in die amp bevestig nie. Hy sterf drie dae na sy verkiesing. Tot 1961 is hy deur die Roomse Kerk as die 92ste pous erken. In 1961 besluit die Vatikaan om hom as wettige pous te skrap omdat hy nooit biskop (van Rome) was nie. Dit het die nommering van al die volgende pouse lelik omgekrap. Sy opvolger het ook die naam Stefanus gehad en was tot 1961 die 93ste pous met die naam Stefanus III. Tans is hy die 92ste pous met die naam Stefanus II, maar word gewoonlik in die literatuur aangedui as Stefanus II (III).
Sien die Lys van pouse (onderafdeling: Die spesiale geval van Pous Stefanus (II)) vir 'n verder bespreking.
Bibliografie Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. .
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Opvolging
Stefanus (II) Kategorie:Sterftes in 752