Fortaleza 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Deelstaat 20px Ceará Koördinate  Gestig op 13 April 1726 (amptelik) Oppervlakte:    - Totaal 312,353 vk km  Hoogte bo seevlak 16 m Bevolking:    - Totaal (2021) 2 703 391  - Bevolkingsdigtheid 7 588/vk km Tydsone UTC -3 (BRT) Burgemeester Evandro Leitão (PT) Amptelike webwerf fortaleza.ce.gov.br

Fortaleza (Portugees: [fɔɦtaˈlezɐ], , letterlik: "vesting" of "fort"; amptelik: Fortaleza de Nossa Senhora da Assunção) is die hoofstad van die noordoostelike Brasiliaanse deelstaat Ceará met 'n oppervlakte van 312 vierkante kilometer en 'n bevolking van meer as 2,7 miljoen. Die stadsgebied word in die noorde deur die Atlantiese Oseaan begrens, terwyl die stede Patacuba, Eusébio, Maracanaú en Itaitinga ten suide en Caucaia ten weste van Fortaleza geleë is. Fortaleza lê tussen twee riviere, die Ceará in die weste en die Cocó in die ooste.

duimnael|links|Die Katedraal van Fortaleza Die bewoners van Fortaleza staan in Brasiliaanse Portugees as Fortalezenses bekend. Die stad beskik oor 'n internasionale lughawe, Pinto Martinas, wat Fortaleza met ander Brasiliaanse metropole en bestemmings in die buiteland verbind. Die wit strande en polsende naglewe het van Fortaleza een van die gewildste bestemmings vir in- en uitheemse toeriste gemaak.

Net soos talle ander Brasiliaanse nedersettings langs die kus was Fortaleza aanvanklik 'n omstrede stad. Die dorp, waaruit Fortaleza later sou ontstaan, het hom sodoende in verskillende tydperke onder die oorheersing van Nederlanders, Portugese en die plaaslike Tabajara-volk bevind. In 1639 het die Nederlanders onder die bevel van Mathias Beck hier 'n fort opgerig wat tot vandag toe in die stadsentrum van Fortaleza lê. Nadat die Nederlanders deur 'n Portugese strydmag verdryf is, het die nedersetting sy huidige amptelike Portugese naam en in 1699 ook stadstatus gekry. In 1823 het Fortaleza die hoofstad van Ceará geword en omstreeks 1880 tot 'n beduidende uitvoerhawe vir katoen ontwikkel.

Vandag is Fortaleza met sy uitstekende toerisme-infrastruktuur en groeiende nywerheidsektor die ekonomiese sentrum van Noordoos-Brasilië. Sy akademiese en navorsingsinstellings, waaronder drie groot universiteite en 'n aantal kleiner tersiêre instellings, het onder meer die opbou van 'n inligtingstegnologiesektor bevorder wat nou steeds meer hoogs gekwalifiseerde spesialiste uit ander dele van die land lok. www.acm.org: 23ste ACM SAC-konferensie in Fortaleza 2008 Fortaleza se Estádio Castelão is tydens beide die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 vir wedstryde gebruik. Dit sal ook een van die Brasiliaanse gasheerstede tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2027 wees.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Ceará Kategorie:Hoofstede in Brasilië