Erica magnisylvae is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor in die Grootbos Natuurreservaat by Gansbaai. Die plant se voorkomsgebied is 2 km², al langs die kruin van die berg langs. Die hele populasie is in 'n brand verwoes in 2006, enige verdere brande kan tot gevolg hê dat die populasie uitsterf. Hul habitat buite die reservaat word bedreig deur indringerplante.
Sien ook Lys van Erica-spesies
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
magnisylvae Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika