Die nasionale vlag van Finland (Fins: Suomen lippu; Sweeds: Finlands flagga) is op 28 Mei 1918 amptelik in gebruik geneem. In Fins word na die vlag ook as Siniristilippu en in Sweeds as blåkorsflagga (albei beteken “bloukruisvlag”) verwys. Die vlag vertoon ’n seeblou Skandinawiese kruis op ’n wit veld. Die vertikale arm van die kruis is in die rigting van die vlagpaal verskuif volgens die patroon van die ander Skandinawiese vlae. Die Skandinawiese kruis verteenwoordig Christenskap.
Die staatsvlag toon ’n wapenskild in die middel, maar dit is andersins identies aan die burgerlike vaandel. Die swawelstertstaatsvlag word deur die weermag gebruik. Die presidentsvlag is identies aan die swawelstertstaatsvlag, maar dit toon in die skildhoek die kruis van vryheid waarvan die Finse president as hoofmeester dien. Net soos die vlag van Swede is die vlag van Finland geskoei op die Skandinawiese kruis. Dit is na Finse onafhanklikheidwording van die Russiese Ryk aanvaar, toe baie Patriotiese Finne ’n unieke vlag vir hul land wou hê, maar sy ontwerp dateer uit die 19de eeu. Daar word gesê dat die blou kleur die land se duisende mere en die lug verteenwoordig, met wit vir die sneeu wat die land in die winter bedek. Hierdie kleurkombinasie is ook oor eeue heen in verskeie Finse provinsiale, militêre en munisipale vlae gebruik.
Ontwerp duimnael|links|’n Wapperende vlag van Finland Die Finse vlag het die volgende tegniese ontwerp:
350px|senter|Konstruksietekening
Grootte Volgens die Finse reg is die verhouding van die vlag 11:18, wat baie naby aan die goue snit is. Die swawelstertstaatsvlag is een eenheid langer en die sterte is vyf eenhede lank. Die spitswydte van die blou kruis is drie maateenhede wat dit ’n vertikale verhouding van 4:3:4 en ’n horisontale verhouding van 5:3:10 gee. Wanneer dit aan ’n vlagpaal gehys word, is die aanbeveling dat die vlag se wydte gelyk is aan een sesde van die hoogte van die vlagpaal.
Kleure Die kleure vir die staatsvlag is in 1995 as CIE 1931 en CIE 1976-standaarde bepaal, asook as die Natuurkleurstelsel (Sweedse standaard SS 01 91 22) en in die Pantonestelsel soos volg:
40pxKleurskemaBlouRooiGeel CIE (x, y, Y) 0.1856, 0.1696, 5.86 0.576, 0.312, 10.9 0.486, 0.457, 45.7 CIE (L*, a*, b*) 29.06, 7.24, −36.98 39.4, 59.0, 29.6 73.4, 14.8, 79.0 Natuurkleurstelsel (SS 01 91 22) 4060-R90B 1090-Y90R 0080-Y204 Pantone 294 C 186 C 123 CsRGB (benadering) 24, 68, 126 181, 28, 49 237, 167, 0<small>* Afdeling 3 van die bron geen vir die CIE-waarde illuminant D65 en meetgeometrie d/2°
Daar is geen amptelike RGB-definisie vir die kleure nie omdat die toonskaal te klein is. Die benaderde kleure in sRGB vanaf die CIE L*a*b*-kleure word in die tabel hierbo weergegee. Die geel lê in werklikheid buite die sRGB-kleurruimte. Die blou word “seeblou” genoem wat ’n donker tot medium blou is. Dit is nie ’n baie donker vlootblou nie en ook nie ’n helder groenerige blou soos turkoois of siaan nie. Dit kan vervang word met die heraldiese tinktuur van asuur. Persone wat die vlag wil herskep kan die hex-kleur #002F6C gebruik. Die RGB-waarde wat van die Pantone (294 C) afgelei is, t.w. 0-47-108 is ook naby aan die korrekte kleur.
Rooi en geel word gebruik in die wapenskild wat op die staatsvlag vertoon word.
Geskiedenis Voorgeskiedenis Van die 1150’s tot in 1809 was Finland ’n integrale deel van die Sweedse Ryk, waarvolgens die vlag van Swede – ’n blou veld met ’n geel Skandinawiese kruis – ook oor Finland gewapper het. Tydens die Finse Oorlog het die Russiese Ryk Finland verower en met die Vrede van Fredrikshamn moes Swede Finland aan Rusland oorhandig. In dieselfde jaar is die Groothertogdom Finland gestig.
Groothertogdom Finland duimnael|links|Vorige vlag van Nyländska Jaktklubben (1861–1919), te sien in die Seehistoriese Museum van Finland in Kotka Die Groothertogdom Finland het nie ’n amptelike vlag op sy eie gehad nie, maar verskillende soorte vlae is vir verskillende geleenthede gebruik. In die 1860’s is in die Dieet van Finland oor ’n amptelike vlag gedebatteer, maar daar is nooit een goedgekeur nie. Die vlag van Rusland was Finland se amptelike vlag tot en met sy onafhanklikwording.
In 1812 is ’n amptelike vlag op see gekies vir regeringsgebruik. Dit was ’n wit vlag met die vlag van Rusland in die skildhoek en ’n kompasroos in die middel. In 1883 is dit vervang met ’n blou-kruis-vlag met die kompasroos in die skildhoek. ’n Posdiensvlag (’n wit vlag met die Russiese vlag in die skildhoek en ’n poshoring in die middel) is ook in die Groothertogdom gebruik, saam met ’n handelsvlag (’n blou vlag met die Russiese vlag in die skildhoek en die doeane-agentskap se embleem in die middel).
Op 3 Oktober 1821 is Finse skepe toegelaat om die Russiese vlag sonder toestemming te hys; oorspronklik was daar geen bepalings oor handelsvlae nie. Wit-blou-rooi-vlae met die Russiese vlag in die skildhoek is ook gebruik. Later is ses- en negebaanvlae met die kleure van die Russiese vlag twee of drie keer op ook in ’n mate gebruik.
’n Blou vlag soortgelyk aan die huidige vlag van Finland is in 1861 vir die eerste keer gebruik deur die seiljagklub Nyländska Jaktklubben, versier met die wapen van Uusimaa in die skildhoek. Dit is geïnspireer deur die soortgelyke vlag van die Neva-seiljagklub. Die vlag van die seiljagklub is in 1890 deur die senaat goedgekeur, nadat die Sweedssprekende Östra Nylands Segelförening die vlag van Swede aangeneem het.
Aan die einde van die 19de eeu is vlae met die Finse wapenskild op gebruik tydens nieamptelike geleenthede soos private landgoedere en betogings. By amptelike geleenthede is veral die Russiese wit-blou-rooi driekleur gebruik.
Die Groothertogdom Finland het aan die Olimpiese Somerspele 1908 in Londen en die Olimpiese Somerspele 1912 in Stockholm met sy eie span deelgeneem. Tydens die 1908-openingseremonie het die Finse span laaste en bloot met ’n karton en die woord “Finland” op ingestap. Tydens die 1912-openingseremonie het hulle onder ’n nasionale kentekenvlag van ’n Sweedssprekende vrouegimnastiekkluber uit Helsinki ingestap, terwyl tydens die medaljeseremonies vir die Finse atlete die Russiese vlag met ’n wit-blou wimpel op wat lees “Finland” gehys is.
Ontstaan van die huidige vlag duimnael|Finse vlae en wapen volgens die 1978-wet Die eerste “vlag van Finland”, sover bekend, is in 1848 vertoon saam met die sing van die volkslied, die Maamme. Die motief vir daardie vlag was die Finse wapenskild, omring deur lourierblare, op ’n wit veld.
Die huidige bloukruisontwerp is vir die eerste keer in Finland gebruik deur die Nyländska Jaktklubben, ’n seiljagklub wat in 1861 in Helsinki gestig is. Saam met die blou kruis op die wit veld het die seiljagklub die wapenskild van die provinsie Uusimaa met ’n kroon daaroor en twee gekruisde takke in die skildhoek bevat. Buiten die posisie van die kruis was die vlag soortgelyk aan dié van die St. Petersburg-seiljagklub wat in die vorige jaar gestig is. Die ontwerp kan teruggespoor word na die vaandel van die Russiese Vloot wat ’n blou Sint Andreaskruis op ’n wit veld gebruik. Gedurende die Krimoorlog het Finse handelskepe wat deur die Brits-Franse vloot gevang is, die vlag van Sint Joris vertoon, wat gebaseer was op die vlag van die Russiese doeanediens. In hierdie variant was die kruis dunner as in die moderne vlag en sy verhouding was 1:1. ’n Ander bloukruisvlag is in 1861 amptelik aanvaar vir die gebruik deur privaat vaartuie.
In 1910 het die Russiese owerhede, in verband met die Russifisering van Finland, verklaar dat ’n Russiese vlag in die skildhoek gevoeg moet word. Dit het egter teenstand ontlok; hierdie vlag is bespot as die “slawevlag” (orjalippu) en die meeste Finne het geweier om dit te vertoon. In plaas daarvan is ’n vaantjie (’n driehoekige vlag) sonder hierdie byvoeging vertoon en op dié manier is die besluit rakende die vlag omseil.
Die staatsvlag is in 1922 nog verder gewysig toe die kroon verwyder is en weer in 1978 toe die skildvormige wapenskild in ’n reghoekige vorm verander is.
Vlagvoorstelle duimnael|upright|Portret van Zachris Topelius deur Albert Edelfelt in 1889 Kort ná Finland se onafhanklikwording in 1917 is ’n kompetisie geloods vir die ontwerp van ’n Finse vlag. Verskeie ontwerpe is ingedien. In terme van kleure kon die inskrywings hoofsaaklik in twee kategorieë gedeel word – een met rooi en geel wat van die Finse wapenskild kom, en die ander met blou en wit soos wat die vlagkleure vantevore reeds was.
Een inskrywing se ontwerp het die kruis van die Orde van die Dannebrog bevat, maar met ’n geel kruis op ’n rooi veld. ’n Ander ontwerp het diagonale blou en wit bane gehad, maar het kritiek ontlok deurdat dit skynbaar eerder voor ’n barbierswinkel gebruik sou kon word as om ’n nuwe onafhanklike land te verteenwoordig. Akseli Gallen-Kallela het ’n soortgelyke kruisvlag voorgestel, maar met die kleure omgeruil (’n wit kruis op ’n blou veld) maar dit sou te na aan die Sweedse vlag en die destydse Griekse vlag lyk. Eindelik het die kunstenaars Eero Snellman en Bruno Tuukkanen die finale vorm van die vlag gespesifiseer. Volgens tradisie is die vlag gebaseer op ’n ontwerp deur die digter Zachris Topelius wat uit ongeveer 1860 dateer.
In Zachris Topelius se gedig Finlands flagga (“Finland se Vlag”), verskyn op 15 Junie 1863 in Helsingfors Tidningar, verwys hy onder andere na
SweedsAfrikaansFrån vintersnö Till blånad sjö Vår flagga går Till glans och vår.Van wintersneeu na die blou meer ons vlag gaan om te skyn en te spring.
Vorige vlae
Vlagprotokol Gebruik duimnael|Die setel van die Finse regering op Senaatsplein, Helsinki, waarop die staatsvlag wapper duimnael|Die Finse presidentsvlag op die Presidensiële Paleis, Helsinki duimnael|Vlag op die Finse Ambassade in Canberra duimnael|Die Finse vlag op halfstok ná die 2011-aanvalle in Noorweë Die Finse vlag word in drie hoofvariante gebruik. Die gewone nasionale vlag word gebruik deur al die burgers, organisasies, munisipaliteite en streke. Enigeen word toegelaat om die nasionale vlag te wapper wanneer hulle dit ook al as gepas ag. Die reghoekige staatsvlag word gebruik deur instansies van die Finse nasionale en provinsiale regerings, die katedraalkapittels van die twee nasionale kerke (Evangelies en Ortodoks) en nievlootvaartuie van die staat.
Die swawelstertstaatsvlag, wat ook die vlootvaandel is, word deur die Finse verdedigingsmagte gebruik. Die presidentsvlag en die beveltekens van die minister van verdediging, hoof van verdediging en bevelvoerder van die Finse Vloot word slegs deur die betrokke persone gebruik.
Al die openbare instansies sowel as die meeste privaat burgers en maatskappye hys die vlag op amptelike vlagdae. Benewens die amptelike vlagdae is daar sowat tien nieamptelike maar algemene vlagdae wat waargeneem word. Behalwe vir vlagdae word oor die algemeen geen vlae of korporatiewe vlae gehys nie. Die amptelike vlagdag word op Midsomerfees (Juhannus) gevier.
Die Finse vlag word om 08h00 gehys en teen sononder gestryk, maar nie later as 21h00 nie. Op Onafhanklikheidsdag word die vlag tot op 20h00 gewapper, ongeag die donker. Ná groot nasionale ongelukke kan die minister van binnelandse sake aanbeveel dat die vlag in die hele land halfstok gehys word.
Dit is ’n besondere gebruik in Finland om die vlag tydens Midsomer van 18h00 op Midsomeraand tot 21h00 op Midsomerdag te laat wapper. Dit simboliseer die feit dat die duisternis op Midsomerfees nie na enige deel van Finland kom nie. Midsomerfees is ook die amptelike dag van die Finse vlag.
Ander reëls Volgens Finse wette is dit verbode om die vlag te skend of om dit op ’n oneerbiedige wyse te gebruik. Dit is ook onwettig om ’n vlag sonder toestemming van die vlagpaal te verwyder. Skuldiges kan ’n boete opgelê word vir ontering van die vlag.