thumb|upright=1.8|Geologiese provinsies van die wêreld (USGS)
Oseaankors: ’n Geologiese provinsie is ’n ruimtelike eenheid met gemeenskaplike geologiese eienskappe. ’n Provinsie kan ’n enkele dominante struktuurelement omvat, soos ’n bekken of plooigordel, of ’n paar aangrensende elemente. Aangrensende provinsies kan ’n soortgelyke struktuur hê, maar as aparte provinsies beskou word as gevolg van verskillende tydskale.
Sommige studies klassifiseer provinsies volgens minerale bronne, soos mineraalneerslae. Daar is veral ’n groot aantal provinsies wat wêreldwyd geïdentifiseer word vir petroleum en ander minerale brandstowwe, soos die Nigerdelta-petroleumprovinsie.
Geologiese provinsies volgens oorsprong Provinsie Definisie Voorbeeld Skild Ontblote Prekambriese, kristalagtige vulkaniese en metamorfe rotse wat tektonies stabiele streke vorm Arabies-Nubiese Skild Platform Horisontale sedimentlae wat ’n fondament of vulkaniese of metamorfe rotse bedek Oos-Europse Platform Orogeen Lineêre of boogvormige formasie waar die kontinentale kors geplooi, verwring en opgelig is om bergreekse te vorm Andesorogeen Bekken Laagliggende formasie van rotslae wat gevorm is deur die tektoniese verwringing van voorheen horisontale lae Illinoisbekken Groot vulkaniese provinsie Versameling van vulkaniese rotse Noord-Atlantiese Vulkaniese Provinsie Uitgebreide kors Kontinentale kors wat verdun is vanweë uitstrekkingsdruk Noord-Cordillera- Vulkaniese Provinsie
Verwysings
Skakels Kaart van die wêreld se geologiese provinsies (Nasa) Definisies van geologiese provinsies (USGS)
Kategorie:Geologie