Ninapark is 'n voorstad in Suid-Afrika, in die suidwestelike hoek van die hoofplek Akasia. Dit is noordwes van Pretoria in die Gauteng-provinsie geleë en is onder beheer van die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit. Ninapark het ongeveer 4 461 inwoners tydens die 2011-sensus gehad.

Ninapark se noordegrens is Theresapark langs die Britspad. Suid grens dit aan Suiderberg en oos lê Florauna.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

kategorie:Voorstede van Pretoria