duimnael|Noordse vlae, v.l.n.r.: Finland, Ysland, Noorweë, Swede en Denemarke. duimnael|’n Seleksie van amptelike, Skandinawiese kruisvlae in gebruik in Noord-Europa.Groter vlae, v.l.n.r.: Ysland, Faroëreilande, Denemarke, Noorweë, Swede, Finland;Kleiner vlae, v.l.n.r.: Barra, Suid-Uist, Yorkshire Wes-Riding, VK (histories), Orkney, Shetland, Skone, Åland, Pärnu, Setomaa (etnies), Wepse (etnies).

Die Skandinawiese kruis is enigeen van verskeie vlae waarop die ontwerp van die Noordse of Skandinawiese kruis, ’n kruissimbool op ’n reghoekige veld waarvan die middel van die kruis na die vlagpaalkant geskuif is, voorkom.

Alle onafhanklike Noordse lande het in die moderne tyd sulke vlae aanvaar, en hoewel die Skandinawiese kruis so genoem is weens sy gebruik in die nasionale vlae van die Skandinawiese volke, word die term universeel deur vlagkundiges gebruik in verwysing na die vlae van die Noordse lande maar ook na ander vlae met soortgelyke ontwerpe. EnchantedLearning.com Historiese vlae van die wêreld: Die Skandinawiese kruis ; Eric Inglefield: "Fahnen und Flaggen" (in Duits vertaal deur Dagmar Hahn), Delphin Verlag, München 1986, bl. 16 Die skuinskruis staan ook bekend as die Kruis van Sint Filippus die Apostel, wat nie in Skandinawië nie, maar eerder in Griekeland, Frigië en Sirië gepredik het.

Die kruis stel die Christendom voor, en die kenmerkende skuif van die middel na die vlagpaalkant is vroeg-modern en is op 11 Junie 1748 vir die eerste maal beskryf as die Deense burgerlike vaandel vir handelskepe, waar gespesifiseer is dat die skuif van die kruis na die vlagpaalkant soos volg moet wees: “die eerste twee velde moet vierkantig wees en die buitenste velde moet van daardie lengte wees.” Die Deense ontwerp is aanvaar vir die vlae van Noorweë (burgerlike vaandel 1821) en Swede (1906) wat albei afgelei is van ’n algemene vaandel wat gedurende die Unie tussen Swede en Noorweë tussen 1818 en 1844 gebruik is, asook Ysland (1915) en Finland (1917); sommige onderafdelings van hierdie lande het dit ook as inspirasie vir hul vlae gebruik. Die vlag van Noorweë was die eerste vlag met die Skandinawiese kruis in drie kleure.

Alle Noordse vlae mag as gonfalon vertoon word.

Vlagformate

Vlae van die Noordse lande Let wel dat sommige van hierdie vlae histories is. Let ook op dat vlagverhoudinge tussen die verskillende vlae kan wissel en soms selfs tussen verskillende weergawes van dieselfde vlag.

Die vlag van Groenland is die enigste nasionale vlag van ’n Noordse land of gebied sonder ’n Skandinawiese kruis. Toe Groenland selfregering verkry het, is die huidige vlag – met ’n grafiese ontwerp uniek aan Groenland – in Junie 1985 aanvaar deur veertien stemme daarvoor teen elf ter ondersteuning van ’n voorgestelde groen-en-wit Skandinawiese kruis.

Denemarke

Finland

Noorweë

Swede

Ysland

Kalmarunie Die historiese vlag van die Kalmarunie wat Denemarke, Swede en Noorweë tussen 1397 en 1523 verenig het. Geen prentegeskiedenis van die vlag het behoue gebly nie. Die vlag wat vertoon word is ’n rekonstruksie gebaseer op verwysings in briewe van 1430 deur Erik van Pommere.

Nieamptelike Noordse vlae Hierdie vlae het óf nie amptelike status nie óf dit verteenwoordig privaat entiteite. Dit is nie amptelik aanvaar nie en die gebruik daarvan bly beperk.

Vlae buite die Skandinawiese lande Armenië

Duitse Orde

Estland

Letland

Litaue

Duitsland Ontwerpe met die Skandinawiese kruis, soortgelyk aan dié van Denemarke, Swede en Noorweë se vlae is in 1919 (na WOI) en 1948 (na WOII) voorgestel as nasionale vlag vir Duitsland. Die Skandinawiese kruis kom vandag voor in sommige stads- en distriksvlae of wapenskilde.

Frankryk

Georgië

Nederland

Brasilië

Oekraïne

Verenigde Koninkryk ’n Aantal vlae vir plekke in die Verenigde Koninkryk (hoofsaaklik Skotland) is gebaseer op die Skandinawiese kruis en is bedoel om die Skandinawiese erfenis wat gedurende die Wikingtydperk en deur die Hoë Middeleeue na die Britse Eilande gebring is.

Verenigde State

Ander

Etniese vlae

Sportverenigings

Fiktief

Sien ook

Suiderkruisvlae Unievlag

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Uitgebreide versameling van amptelike en nieamptelike skandinawiesekruisvlae (by Flags of the World).

Kategorie:Skandinawië Kategorie:Vlae