Erica galgebergensis is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie se wetenskaplike naam is die eerste keer deur H.A. Baker gepubliseer. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor by Galgeberg in die Riviersonderendberge. Hier is daar een populasie van minder as 'n 1 000 plante wat voorkom in 'n gebied van 6 km². Die plant se habitat word bedreig deur indringerplante. Die plant groei op rotshange op die suidelike hellings waar dit klam en skaduryk is op hoë hoogtes.

Sien ook Lys van Erica-spesies

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

galgebergensis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika