Erica galpinii is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Kleinrivierberge by Hermanus voor.
Hierdie bedreigde en seldsame spesie bestaan uit slegs 450 planteksemplare wat in twee subpopulasies voorkom in 'n gebied van 4 km2. Een van die twee populasies het met 50% afgeneem die afgelope twee generasies, hoofsaaklik as gevolg van oormatige veldbrande.
Sien ook Lys van Erica-spesies
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
galpinii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika