Jacques Julius (gebore 4 Junie 1972) is sedert 22 Mei 2019 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie. Hy dien as die adjunkhoofsweep van die amptelike opposisie in die parlement.

Julius was van Mei 2014 tot Mei 2019 'n permanente afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies. Op 21 November 2020 is Julius as voorsitter van die DA se Wes-Randstreek in Gauteng verkies.

Verwysings

Eksterne skakels Jacques Julius se profiel op People's Assembly

Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1972