Yves Camille Désiré Leterme (Wervik (Wes-Vlaandere), 6 Oktober 1960) is 'n Belgiese christen-demokratiese politikus. Hy is lid van die politieke party CD&V.

Vanaf 20 Maart 2008 tot 30 Desember 2008 en vanaf 25 November 2009 tot 6 Desember 2011 was hy die Eerste Minister van België. Sedert 1995 is hy ook lid van die raad van Ieper en sedert 2007 ook senator.

Voor dit was hy minister, eerste minister van Vlaandere, partyvoorsitter, volksverteenwoordiger en skepe.

Leterme het in die regte, politieke wetenskap en bestuurswetenskap gestudeer. Hy is getroud en het drie kinders.

Kategorie:Belgiese adjunk-premiers Kategorie:Belgiese ministers Kategorie:Eerste Ministers van België Kategorie:Eerste Ministers van Vlaandere Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Lewende mense