Erica elsieana is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is inheems aan die Wes-Kaap en kom voor in die Langeberg, Outenikwaberge en die Groot-Swartberg, bokant 1 400 m. In die berge is daar drie klein populasies met ongeveer 250 plante. Die populasies is stabiel.
Sien ook Lys van Erica-spesies
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
elsieana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika