Erica constantia is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Hexrivierberge en Klein-Swartberge voor. Hier groei die plant op die rotskruine en rotsagtige, suidelike hange. Die plant is seldsaam maar weens die feit dat sy habitat nie bedreig word nie word sy bewaarstatus as veilig beskou.

Sien ook Lys van Erica-spesies

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

constantia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika