Sibongile Khumalo (24 September 1957 - 28 Januarie 2021) was 'n Suid-Afrikaanse sanger.
Biografie Sibongile Khumalo is gebore in Orlando-Wes, Soweto in Johannesburg, Suid-Afrika, en was aanvanklik begelei deur haar vader, Khabi Mngoma, 'n professor in musiek."Khumalo, Sibongile (South Africa)" , www.music.org.za. Sy het 'n BA-graad in musiek aan die Universiteit van Zululand en BA Honneurs aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal. In 1993 wen Khumalo die Standard Bank Young Artist Award tydens die Grahamstad-fees.Sibongile Khumalo biography.
In 2009 is Khumalo deur die Rhodes-universiteit in Grahamstad, Suid-Afrika, vereer deur 'n doktorgraad in die musiek honoris causa aan haar toe te ken."Rhodes University awards four Honorary Doctorates" , Rhodes University Communications and Development Division, 15 April 2009.Professor Paul Maylam, Citation for Sibongile Khumalo, Honorary Graduand , Rhodes University, 18 April 2009. Sy het ook eredoktorsgrade verwerf van die Universiteit van Suid-Afrika (Doctor of Musicology Honoris Causa) en die University of Zululand (Doctor of Philosophy Honoris Causa).
Op 28 Januarie 2021 sterf Sibongile Khumalo op 63-jarige ouderdom na 'n lang tydperk van siekte.
Diskografie Ancient Evenings, 1996 Live at the Market Theatre, 1998 Immortal Secrets, 2000 Quest, 2002 Sibongile Khumalo, 2006 Greatest Hits, 2009 Sibongile Khumalo Live, 2009 Breath of life, 2016
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Sterftes in 2021