Die Canon EOS R is 'n 30,3 megapieksel volraam spieëllose kamera met verwisselbare lens, wat in Oktober 2018 deur Canon bekendgestel is.

Die "R" in EOS R is afkomstig van die eerste letter van "Reimagine optical excellence", Canon se ontwikkelingskonsep vir die EOS R-stelsel as geheel, en ook vir hierdie EOS R-kamera waarmee die nuwe stelsel bekendgestel is.

Kenmerke Die EOS R was die eerste volraam spieëllose kamera van Canon, en het die nuwe EOS R-stelsel en die RF-lensmontering bekendgestel. Met behulp van 'n EF-EOS R-passtuk kan die EOS R alle Canon EF- en EF-S-lense benut. Die kamera gebruik 'n DIGIC 8-verwerker.

Verwysings

Kategorie:Canon-kameras