Erica aghillana is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom van Pearly Beach tot Kaap Agulhas. Die plant se habitat word bedreig deur indringerplante, die kweek van proteaspesies en ontwikkeling aan die kus.
Daar is twee subspesies wat tot die spesie hoort: Erica aghillana var. aghillana Erica aghillana var. latifolia Guthrie & Bolus
Volgens SANBI staan die plant in Afrikaans bekend as die belletjieheide en ook as die geelrugheide.
Sien ook Lys van Erica-spesies
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
aghillana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika