Hierdie artikel handel oor die regter en vrymesselaar. Vir die predikant sien J.H. Neethling
Johannes Henoch Neethling (1770-1838) was 'n Suid-Afrikaanse Hooggeregshofregter in die Kaap en Grootmeester van die Vrymesselaars in Suid-Afrika.
Vroeë lewe Neethling is gebore op 1 Augustus 1770 in Suid-Afrika. Hy is die seun van Christiaan Ludolph Neethling en Maria Magdalena Neethling Storm. Hy het met Anna Catharina Smuts getrou, die dogter van Johannes Coenraad Smuts en Magdalena Elizabeth Wernich. Sy broer se kleinseun is na hom vernoem. Die kleinseun, J.H. Neethling, was 'n predikant in die NG Kerk en stigter van die Paul Roos Gimnasium. Sy skool opleiding was in Nederland omdat sy vader hom daarheen gestuur het vir 'n Christelike opleiding. Hy het in 1791 'n PhD in die regte verwerf by Universiteit van Leiden.
Loopbaan in die regte Hy het as advokaat gepraktiseer. Neethling was 'n regter, eerstens van die Hof van Justisie in 1825. Richard Plasket, die Kaapse Koloniale Sekretaris in 1825, was nie tevrede met die bestaande hof nie. 'n Kommissie van ondersoek is ingestel, wat gelei is deur John T. Bigge en William MacBean George Colebrooke. Hulle het 'n nuwe hofstelsel voorgestel. 'n Hooggeregshof is in Januarie 1828 op grond van die aanbevelings van die kommissie ingestel. Aangesien hulle op soek was na akademies goed gekwalifiseerde regters, is Neethling, wat 'n doktorsgraad in die regte gehad het, aangestel as een van die hooggeregshofregters.
Ander aktiwiteite Afgesien van die praktyk, het hy saam met D.G. Reitz en C.J. Brand die koerant De Zuid-Afrikaan gestig. Hy was 'n handelaar en 'n lid van die Raad van Justisie vir die Bataafse Republiek van 1803 tot 1806.
Vrymesselaar Hy het 'n Lodge gestig met die naam "de Hoop", vernoem na sy pa se plaas. Hy was geïnteresseerd in Britse vrymesselary. Hy was grootmeester van die lodge "de Goede Hoop" van 1813 tot 1831. Hy volg Jacob Abraham de Mist op as Grootmeester, en Michiel van Breda volg hom op in 1831.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse regters Kategorie:Suid-Afrikaanse Vrymesselaars Kategorie:Geboortes in 1770 Kategorie:Sterftes in 1838