Die BMW N26 is 'n turboaangejaagde inlynviersilinder petrolenjin wat vanaf 2012-2016 vir SULEV-voertuie vervaardig is. Dit is slegs in die Verenigde State verkoop weens SULEV-wetgewing.SULEV staan vir "Super Ultra Low Emissions Vehicle".
Die N26 is gebaseer op die BMW N20, met die volgende veranderinge: metaalbrandstofleidings (in plaas van rubber), 'n klep in die brandstoftenkontlugtingstelsel om die brandstofstelsel vir lekkasies te toets, 'n elektroniese uitlaatklep en groter katalitiese omsetters.
Modelle Enjin Verplasing Krag Wringkrag Rooilyn N26B20 180 kW teen 6 500 rpm 350 Nm teen 1 250-4 800 rpm 7 000 rpm Toepassings:
2012-2016 F30 328i / 328iX (slegs VSA) 2012-2016 F22 228i / 228iX (slegs VSA) 2015-2016 BMW 4-reeks F32 / F35 / F36 428i SULEV (Amerikaanse modelle)
Verwysings
N26