Bernard Charles (Bernie) Ecclestone (* 28 Oktober 1930 naby Bungay in Suffolk, Engeland) was die president en Hoofbesturende direkteur van Formula One Management en Formula One Administration en besit ook 'n aandeel in Alpha Prema, die moedermaatskappy van die Formule Een Groep-maatskappye. As sulks was hy as die primêre gesaghebber in Formule Een beskou. Aan die begin van 2017 is F1 se eienaarskap oorgeneem deur Liberty Media Corporation en Delta Topco. Chase Carey, die voorsitter van hierdie maatskappye, is aangewys as die uitvoerende hoof van F1. Mnr. Ecclestone het hierna in 'n raadgewende hoedanigheid as "Voorsitter Emeritus" van F1 gedien, tot in 2020."Liberty completes F1 acquisition ", formula1.com, 27 Januarie 2017. URL besoek op 14 April 2017.
In die pers word daar dikwels na hom verwys as die "F1 Supremo". Sy vroeëre betrokkenheid by die sport was as 'n deelnemer en later as bestuurder van die renjaers Stuart Lewis-Evans en Jochen Rindt. In 1972 het hy die Brabham-span gekoop, wat hy vir vyftien jaar lank bestuur het. David Tremayne, Formula One: A Complete Race by Race Guide, 1996, , nagegaan op 2008-03-01, Eerste Uitgawe, Parragon Book Service, Avonmouth, Bristol, Verenigde Koninkryk, , bl. 8 As 'n spanbaas het hy 'n lid van die "Formula One Constructors Association" geword. Sy beheer oor die sport wat gespruit het uit sy pionierswerk in die verkoop van televisieregte in die laat 1970's, is hoofsaaklik finansieel van aard maar onder die voorwaardes van die Concorde Ooreenkoms het hy en sy maatskappye die administrasie, reëlings en logistiek van alle Formule Een Grands Prix behartig. Ecclestone het probeer om aan twee Grand Prix wedrenne deel te neem in die 1958-seisoen maar het nie daarin geslaag om vir enigeen van die twee te kwalifiseer nie.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Britse entrepreneurs Kategorie:Britse renjaers Kategorie:Engelse sportlui Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Lewende mense