thumb|Asparagus densiflorus 'Sprengeri'
Die smaragsiervaring (Asparagus densiflorus) is 'n veranderlike, immergroen, meerjarige plantspesie in die genus Asparagus wat nou verwant aan die eetbare aspersie (Asparagus officinalis) is. Dit is inheems aan Suider-Afrika van Mosambiek tot Suid-Afrika, maar word wyd gekweek. Ten spyte van sy naam, is die smaragsiervaring nie 'n egte varing nie, daar hy hom nie in die klas Polypodiopsida bevind nie.
Verwante spesies A. densiflorus is deel van 'n groep soortgelyke en verwante Asparagus-spesies van Afrika, waaronder Asparagus aethiopicus ("Sprenger se asparagus"), Asparagus confertus en Asparagus krebsianus.Maria F Norup, Gitte Petersen, Sandie Burrows, Yanis Bouchenak-Khelladi, Jim Leebens-Mack, J Chris Pires, H Peter Linder, Ole Seberg. (2015). Evolution of Asparagus L. (Asparagaceae): Out-of-South-Africa and multiple origins of sexual dimorphism. Molecular Phylogenetics and Evolution 92: 25-44.
Die spesie is voorheen met A. aethiopicus verwar,. Search for "Asparagus aethiopicus". dus verskyn inligting oor A. aethiopicus dikwels onder die naam van A. densiflorus.
Verbouing A. densiflorus is nie teen ryp bestand nie, dus word dit in matige sones gewoonlik in 'n kweekhuis verbou. Verskeie kultivars is ontwikkel, waaronder die kompakte vorm Myersii wat die Royal Horticultural Society se Award of Garden Merit-prys toegeken is. Sy digte 50 cm-lange pluime word veral in blommerangskikkings gebruik.
Sien ook Lys van Asparagus-spesies
Verwysings
Verdere leesstof - inligting oor die "Cwebe"-kultivar - inligting oor die "Meyersii"-kultivar
densiflorus Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika