Asparagus (katdorings) is 'n genus van blomdraende plante in die familie Asparagaceae, subfamilie Asparagoideae. Dit bestaan uit 212 spesies. Die meeste spesies is immergroen, meerjarige plante wat in die onderbos as liane, bosse of rankplante groei. Die bekendste spesie is die eetbare aspersie (Asparagus officinalis). Sommige spesies, byvoorbeeld Asparagus densiflorus, word as ornamentele plante gebruik.
Galery
Sien ook Lys van Asparagus-spesies
Verwysings
Bronne Fellingham, A.C. & Meyer, N.L. (1995) "New combinations and a complete list of Asparagus species in southern Africa (Asparagaceae)". Bothalia 25: 205-209.
Eksterne skakels
Sorting Asparagus names – multilingual listing of the Asparagus species Closeup photo of two species of Asparagus beetle