In die vallei van die Munwarivier in Zambië is 'n terrein van groot argeologiese belang.
Die rivier loop naby die Johnston-waterval in die Luapularivier. Op 'n hoogte van net oor die 1000 m bo seespieël, by 10° 10′ suid en 28° 42′ oos, suid van Kasenga, Mwense en Kashiba, en oos van die Luapula word rotsgravures aangetref wat dateer uit ongeveer 4500 v.C. Hulle is in 1930 deur Raymond Dart ontdek is is sedertdien tot gedenkwaardigheid verklaar.
Bibliografie Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 7. Kaapstad: Nasou, 1972.
Kategorie:Riviere in Zambië