Hendrik Stephanus Johannes Schoeman (gebore 11 Junie 1927 te Witklip, Delmas, Transvaalprovinsie en oorlede op 12 Februarie 1995 in Delmas) was 'n Suid-Afrikaanse beroepsboer en politikus.
Hy was 'n stoere lid van die Nasionale Party en lid van die parlement vir die kiesafdeling Standerton (1966-1974) en Delmas (1974-1986), adjunkminister van landbou (1968-1972), daarna minister van landbou (1972-1980) in die regerings van John Vorster en P.W. Botha, landbou en visserye (1980) en laastens minister van vervoer (1980-1986) in die kabinet van P.W. Botha.
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van vervoer Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van landbou en grondsake Kategorie:Geboortes in 1927 Kategorie:Sterftes in 1995