Charles Elwood "Chuck" Yeager (Myra, 13 Februarie 1923 - Los Angeles, 7 Desember 2020) was 'n Amerikaanse vegvlieënier gedurende die Tweede Wêreldoorlog, toetsvlieënier en afgetrede generaal. Hy het bekendheid verwerf nadat hy die eerste persoon was wat deur die klankgrens gevlieg het.
Vlieënier Yeager het die klankgrens op 14 Oktober 1947 in 'n Bell X-1-vliegtuig gebreek. Daar is egter aangevoer dat Yeager nie die eerste was nie. Op 9 April 1945 was die Duitse vlieënier Hans Guido Mutke byvoorbeeld na bewering die eerste om vinniger as klank in 'n Messerschmitt Me 262 te vlieg. Nog 'n aanspraak kom van die Amerikaanse vlieënier George Welch wat na bewering twee weke voor Yeager se rekordvlug deur die klankgrens in sy XP-86 Sabre gebreek het. Dertig minute voordat Yeager sy beroemde vlug onderneem het, het George Welch ook blykbaar weer deur die klankgrens gevlieg, maar met 'n duikslag. Die Amerikaanse Lugmag (USAF) het verklaar dat Yeager en sy X-1 die eerste was wat die klankgrens in gelykvlug gebreek het.
Kolonel Chuck Yeager het die Army Distinguished Service-medalje ontvang.
In die rolprent The Right Stuff (1983), oor die baanbrekersdae van ruimtereise, is Yeager se prestasies 'n goue draad in die verhaal. Hy word daarin deur die akteur Sam Shepard uitgebeeld. Yeager verskyn ook vlugtig in die film as die kroegman van Pancho's Place.
Galery
Verwysings
Eksterne skakel U.S. AIR FORCE biografie van Chuck Yeager
Kategorie:Amerikaners in die Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Generaals Kategorie:Geboortes in 1923 Kategorie:Sterftes in 2020