’n Kloaak of kloaka is die agterste opening van baie gewerwelde diere wat dien as die enigste uitlaatkanaal in die spysvertering-, voortplanting- en urinestelsel. Alle amfibieë, reptiele, voëls en ’n paar soogdiere het so ’n opening, waaruit urine én ontlasting kom. Dit is in teenstelling met die meeste plasentale soogdiere, wat twee of drie aparte uitmondings het. Baie diere paar met hulle kloake.

Die kloaakstreek word ook dikwels verbind met ’n afskeidingsorgaan, die kloaakklier, wat vermoedelik betrokke is by die die reuk wat sommige reptiele, buideldiere, amfibieë en kloaakdiere afskei.Harris, R. L., Cameron, E. Z., Davies, N. W., & Nicol, S. C. (2016). Chemical cues, hibernation and reproduction in female short-beaked echidnas (Tachyglossus aculeatus setosus): implications for sexual conflict. In Chemical Signals in Vertebrates 13 (pp. 145-166). Springer, Cham.

Etimologie Die woord kom van die Latynse werkwoord cluo, "om skoon te maak", vandaar die selfstandige naamwoord cloaca, "riool, drein".Cassell's Latin Dictionary, Marchant, J.R.V, & Charles, Joseph F., (reds.), hersiene uitg., 1928, p.103

Voëls thumb|200px|Die kloaak van ’n voëlwyfie. thumb|200px|Die kloaak van ’n voëlmannetjie.

Voëls plant voort deur die gebruik van hulle kloake. Hulle vryf hulle kloake teen mekaar – in sommige spesies net ’n paar sekondes lank, en dit is genoeg tyd dat sperma van die mannetjie na die wyfie oorgedra kan word. Sommige voëls (soos volstruise, kiwi's, ganse en sommige swane en eende) gebruik nie hulle kloaak vir voortplanting nie, maar het ’n afsonderlike fallus.

Visse Onder visse is ’n ware kloaak net teenwoordig in Elasmobranchii (haaie en rôe) en lobvinvisse. In sommige straalvinvisse word die kloaak vir urine-uitskeiding en voortplanting gebruik, hoewel hulle ’n afsonderlike anus het. By Chimaeriformes en die meeste lede van Teleostei is al drie openinge egter heeltemal afsonderlik.

Soogdiere Soogdiere het, op ’n paar uitsonderings na, geen kloaak nie. Selfs in dié wat wel een het, is die kloaak gedeeltelik geskei in verskillende streke vir die anus en die urinebuis.

Kloaakdiere (eierlêende soogdiere) het ’n ware kloaak.

Buideldiere (en ’n paar voëls) se geslagsopening is apart van die anus, maar ’n spoor van die oorspronklike kloaak bly aan die buitekant agter. Dit is een van die tekens van buideldiere (en kloaakdiere) se basale aard, want die amniote waaruit dié soogdiere ontwikkel het, het ’n kloaak gehad en die vroegste diere wat in soogdiere ontwikkel het, het dit waarskynlik ook gehad.

Die meeste plasentale soogdiere het geen oorblyfsel van die kloaak nie. In die embrio is ’n kloaak wat verdeel in ’n agterste streek, wat deel van die anus word, en ’n voorste deel, wat verskillend in die twee geslagte ontwikkel: By vroue ontwikkel dit in die urinebuis en vagina, en by mans in die peniele urinebuis. Sommige klein knaagdiere wat inheems aan Afrika is, behou hulle kloake as hulle volgroeid is.

Omdat mense plasentale soogdiere is, het hulle net ’n kloaak as embrio, wat in verskillende kanale ontwikkel.

Reptiele By reptiele bestaan die kloaak uit die urodeum, proctodeum en coprodeum. Sommige spesies het aangepaste kloake vir gaswisseling en voortplanting.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Diere Kategorie:Voortplanting