regs|duimnael|153x153px| Die wapen (sedert die 18de eeu) van die familie de Saint-Exupéry. regs|duimnael| Geboorteplek van Saint-Exupéry. regs|duimnael| Saint-Exupéry, afgeneem in Mei 1942 naby Montreal, Quebec, Kanada, tydens 'n spreekbeurt ter ondersteuning van Frankryk, na die land se wapenstilstand met Duitsland. Ondanks sy ontspanne voorkoms het hy onder hewige spanning deurgeloop en was hy bedlêend met cholesistitis. Antoine Marie Jean-Baptiste Roger, Comte de Saint-Exupery, of eenvoudig de Saint-Exupery (Franse fonetiese uitspraak: ɑ̃twan də sɛ̃t‿ɛɡzypeʁi; 29 Junie 1900 - 31 Julie 1944), was 'n Franse skrywer, digter, aristokraat, joernalis en baanbreker in die vliegkuns. Hy het van Frankryk se hoogste literêre toekennings gewen asook die Verenigde State se Nasionale Boekprys. Hy word veral onthou vir sy novelle Le Petit Prince (Die klein prinsie) en vir sy liriese werke oor lugvaart, waaronder sy Terre des hommes (Pioniers van die wolke) uit 1939, wat groot bekendheid verwerf het.

Saint-Exupéry was voor die aanvang van die Tweede Wêreldoorlog 'n suksesvolle kommersiële vlieënier en het lugposroetes in Europa, Afrika en Suid-Amerika gevlieg. Aan die begin van die oorlog het hy by die Franse lugmag aangesluit en verkenningstogte gevlieg totdat Frankryk in 1940 'n wapenstilstand met Duitsland onderteken het. Nadat hy uit die Franse lugmag ontslaan is het hy na die Verenigde State gereis om sy regering te oorreed om oorlog teen Duitsland te verklaar.

Saint-Exupéry het 28 maande in Amerika deurgebring waartydens hy drie van sy belangrikste werke geskryf het. Hierna het hy by die Vrye Franse lugmag in Noord-Afrika aangesluit - alhoewel hy ouer as die maksimum toegelate ouderdom vir sulke vlieëniers was, en sy gesondheid in 'n bedenklike toestand was. Hy het verdwyn en vermoedelik gesterf op 31 Julie 1944 tydens 'n verkenningstog vanaf Korsika oor die Middellandse See.

Voor die oorlog het Saint-Exupéry bekendheid in Frankryk verwerf as vlieënier. Sy literêre werke het hom na sy dood tot 'n nasionale held in Frankryk verhef. Sy Le Petit Prince is in 300 tale vertaal. 2E1 Hy het verdere erkenning verwerf met internasionale vertalings van sy ander werke. 'n Internasionale humanitêre groep het die titel van sy filosofiese werk, Terre des hommes, as hul naam aangeneem, en dit is ook gebruik as die sentrale tema van Expo 67 in Montreal, Quebec.

Sy geboortedorp Lyon het ook die belangrikste lughawe aldaar na hom vernoem.

Werke (keur) Courrier sud, roman – folio nr. 80 (1929) Vol de nuit (1931). Afrikaanse titel: Nagvlug. Vertaal deur J.G.J (Bokkie) Krige. Nederlandse titel: Nachtvlucht. Vertaal en ingelei deur A. Viruly. Uitgeverij Andries Blitz 1932. Terre des hommes (1939). Afrikaanse titel: Pioniers van die Wolke. Vertaal deur J.G.J Krige saam met sy bekende broer, Uys Krige. Engelse titel:  Wind, Sand and Stars. Dit is met verskeie literêre pryse bekroon. Le Petit Prince (1943). Afrikaanse titel: Die klein prinsie. Vertaal deur J.P.J. Krige en later André P. Brink. Nederlandse vertaling: De kleine prins. Vertaal deur Laetitia de Beaufort-Van Hamel. Uitgeverij Ad Donker 2005. Pilote de guerre, folio nr. 824 (1942) Nederlandse vertaling: Oorlogsvlieger. Vertaal deur Nele Ysebaert. Uitgeverij Van Oorschot 2016. Lettre à un otage, essay Citadelle, essay – folio nr. 108 Lettres de jeunesse Carnets, folio nr. 3157 Lettres à sa mère, folio nr. 2927 Écrits de guerre 1939-1944, folio nr. 2573

Werke in Afrikaanse vertaling Le petit prince. Vertaal as Die klein prinsie deur J.P.L. Krige (1957) en later onder dieselfde titel deur André P. Brink (1994) Terre des hommes. Vertaal as Pioniers van die wolke deur J.G.J. (Bokkie) Krige saam met sy bekende broer, Uys (1980) Vol de nuit. Vertaal as Nagvlug deur J.G.J. Krige (1937)

Bronne Paul Webster: Antoine de Saint-Exupéry – Biografie van de schrijver van De kleine prins, Ned. vertaling, uitgeverij Ad. Donker, 2000, Paul Webster: Consuelo, de roos en De kleine prins – De biografie van Consueleo de Saint-Exupéry, Ned. vertaling, uitgeverij Ad. Donker, 2001, Consuelo de Saint-Exupéry: Memoires van de roos – Portret van een onmogelijk huwelijk, Ned. vertaling, uitgeverij Forum, 2001,

Verwysings

Verdere leeswerk Geselekteerde biografieë

Chevrier, Pierre (skuilnaam van Hélène (Nelly) de Vogüé). Antoine de Saint-Exupéry . Montreal, Quebec, Kanada: La librairie Gallimard de Montréal, 1950. Migeo, Marcel. Saint-Exupéry . New York: McGraw-Hill, (vert. 1961), 1960. Peyre, Henri . Franse romanskrywers van vandag . New York: Oxford UP, 1967. Robinson, Joy D. Marie. Antoine de Saint Exupéry (Twayne's World Authors-reeks: Franse letterkunde). Boston: Twayne Publishers, 1984, pp. 120–142. Rumbold, Richard en Lady Margaret Stewart. The Winged Life: A Portrait of Antoine de Saint-Exupéry, Poet and Airman . New York: D. McKay, 1955. Smith, Maxwell A. Knight of the Air: The Life and Works of Antoine de Saint-Exupéry . New York: Pageant Press, 1956.

Eksterne skakels Antoine de Saint-Exupéry (stigting) (amptelike webwerf) Antoine de Saint-Exupéry Jeugstigting (F-ASEJ) (amptelike webwerf) 2011 Année Antoine de Saint-Exupéry Toulouse viering van Saint-Exupéry in 2011 Belangrike bibliografie van Franse en Engelse biografiese werke oor Saint-Exupéry 'n Webwerf gewy aan die honderdjarige herdenking van Antoine en Consuelo de Saint-Exupéry Die Luftwaffe en Saint-Exupéry: die bewyse (in die webwerf "Ghost Bombers")

Kategorie:Franse vlieëniers Kategorie:Sterftes in 1944 Kategorie:Geboortes in 1900 Kategorie:Artikels met bronne in Duits (de) Kategorie:Artikels met bronne in Frans (fr)