Louis Paul Boon (15 Maart 1912, Aalst, Oos-Vlaandere - 10 Mei 1979, Erembodegem) was 'n Belgiese skrywer van romans, poësie, rubrieke en kunskritiek. Hy was ook 'n skilder. Hy is veral bekend vir die romans Mijn kleine oorlog (1947), die tweeluik De Kapellekensbaan (1953) / Zomer te Ter-Muren (1956), Menuet (1955) en Pieter Daens (1971).

Biografie Hy is in 1912 gebore as Lodewijk Paul Aalbrecht Boon in Aalst, België as die oudste seun uit 'n werkersklasgesin. Alhoewel hy nog baie jonk was tydens die Eerste Wêreldoorlog, sou herinneringe aan 'n Duitse soldaat wat 'n gevangene geskiet het in latere outobiografiese werk kop uitsteek. Boon het op 16-jarige ouderdom die skool verlaat om by sy vader as motorverwer te werk. Hy is uit die skool geskors weens die besit van verbode boeke. Saans en naweke het hy kuns studeer aan die Akademie vir Beeldende Kunste, maar hy moes spoedig sy studie laat vaar weens 'n gebrek aan fondse. In 1936 trou hy met Jeanneke De Wolf. Drie jaar later is hul seun Jo gebore.

Tweede Wêreldoorlog In September 1939 word Boon opgeroep en as soldaat in Gooik en Tessenderlo gestasioneer. Boon is met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in Mei 1940 na Veldwezelt verskuif om die Albertkanaal te verdedig. Hy is egter op die eerste dag as krygsgevangene gevang en uiteindelik huis toe gestuur na 'n paar weke in 'n gevangenekamp. Sy ervarings tydens die oorlog en veral die besetting is die onderwerp van Boon se vierde boek, Mijn kleine oorlog (1947).

Na die skryf van 'n ongepubliseerde roman het Boons se amptelike debuut in 1942 plaasgevind met De voorstad groeit. Op aanbeveling van Willem Elsschot ontvang hy daarvoor die Leo J. Krynprijs. Sy volgende roman getiteld Abel Gholarts is losweg gebaseer op die lewe van Vincent van Gogh.

Ná die Tweede Wêreldoorlog Boon het as joernalis begin werk vir die kommunistiese dagblad De Rode Vaan (1945–1946), Front (1946–1947) en De Vlaamse Gids (1948). Later het hy bygedra tot die koerant Vooruit waarmee hy hom as vryskut joernalis gevestig het. In die daaropvolgende jare het Boon voortgegaan om koerant- en literêre werk te kombineer, en selfs skilderye en beeldhouwerk by sy aktiwiteite gevoeg. Sy literêre produksie sluit prosa, langer eksperimentele romans, tydskrifte, dokumentêre, historiese romans, poësie, erotiese werke en sprokies in.

Boon is in 1979 op 67-jarige ouderdom in sy huis in Erembodegem oorlede.

Mijn kleine oorlog Sy ervarings tydens die Tweede Wêreldoorlog en die besetting is die onderwerp van Boon se vierde boek, Mijn kleine oorlog (1947). Met hierdie titel het Boon vir die eerste keer na vore getree as 'n belangrike innoveerder van die roman. In plaas van een verhaal, bevat Mijn kleine oorlog meer as dertig hoofstukke wat losweg met mekaar verband hou en wat elk 'n verhaal bevat wat as 'n onafhanklike stuk gelees kan word. Die meeste verhale beskryf die uitdagende lewensomstandighede tydens die besetting, soos bv. om kos en brandstof te kry om die huis mee te verwarm. Sommige handel weer oor verslegtende seksuele sedes, ander behandel weer meer direkte oorlogservarings soos bomaanvalle. Alhoewel die oorkoepelende struktuur goed verborge is, sorg dit ook vir 'n samehangende geheel. Die verhale word afgewissel met talle fragmente oor voorvalle tydens die besetting, soos verkragting, diefstal, verraad en vernedering. Boon het erken dat die werk van John Dos Passos die inspirasie vir hierdie literêre instrument verskaf het. In die boek dui die term 'vyand' geensins Duitsers uitsluitlik aan nie, al vertel een verhaal van die uitwissing van 'n Joodse meisie en 'n ander van die ervarings van 'n kampgevangene. Mense word in die verhale net so waarskynlik, indien nie in groter mate nie, deur hul bure van kos, geld of selfs hul huwelik beroof as deur die Duitsers.

Kapellekensbaan In 1953 publiseer hy die werk wat nou bekend staan as sy grootste meesterstuk, De Kapellekensbaan. Hy het dit reeds in 1943 begin skryf. Die skitterende konstruksie daarvan kombineer verskeie verhalende drade, waaronder 'n byna postmoderne een waar die skrywer en sy vriende bespreek hoe die verhaal verder moet ontwikkel. 'n Ander verhaal is 'n uitgebreide bewerking van die mees klassieke Middeleeuse werk in die Nederlandse taal, die twaalfde-eeuse verhaal van Reinhardt die jakkals.

Werke Titel Jaar van uitgawe opmerking(s)Frans-Jos Verdoodt, Boon, Bibliografie, Brugge, 1984. De voorstad groeit 1942 Roman Abel Gholaerts 1944 Roman Vergeten straat 1946 Roman Mijn kleine oorlog 1947 Kroniek Boontjes uitleenbibliotheek 1949 Novelle Het geweerschot 1951 Hoorspel Twee spoken 1952 Novelles De Kapellekensbaan 1953 Roman Boontje's reservaat (vyf dele) 1954 - 1957 Tydskrif Menuet 1955 Roman Wapenbroeders 1955 Moderne diereroman - 'n getroue weergawe van die bekende Reinhardt en Isengrimus Niets gaat ten onder 1956 Roman De kleine Eva uit de Kromme Bijlstraat 1956 Verhalende gedigte Zomer te Ter-Muren 1956 Roman - vervolg op De Kapellekensbaan De bende van Jan de Lichte 1957 Grimmige sprookjes voor verdorven kinderen 1957 Erotiese sprokies De Paradijsvogel 1958 Roman De liefde van Annie Mols 1959 Roman Vaarwel Krokodil, of de Prijslijst van het Geluk 1959 Gustaaf Vermeersch 1960 Monografie De zoon van Jan de Lichte 1961 Blauwbaardje in Wonderland en andere grimmige sprookjes voor verdorven kinderen 1962 Sprokies Het nieuwe onkruid 1964 Roman Boontje's reservaat 1965 Dorp in Vlaanderen 1966 Koerantstukke Geniaal, maar met korte beentjes 1967 Essays Wat een leven 1967 Koerantstukke Over mijn boeken 1969 Kroniek 3 mensen tussen muren 1969 Faksimilee Roman, voorspel tot De voorstad groeit uit 1942 De bom 1969 90 mensen 1970 Koerantstukke Pieter Daens of hoe in de negentiende eeuw de arbeiders van Aalst vochten tegen armoede en onrecht 1971 Dokumentêre roman Mijn oude schoolmeester 1972 her-uitgegee in 2005 Eten op z'n Vlaams 1972 Koerantstukke Mieke Maaike's obscene jeugd 1972 Pornografiese novelle Als het onkruid bloeit 1972 Roman, bewerking van Het nieuwe onkruid Zomerdagdroom 1973 Erotiese novelle De meisjes van Jesses 1973 Roman Blauwbaardje in de ruimte 1973 Petit Fleurke 1974 Novelle Davids jonge dagen 1974 Koerantstukke Verscheurd jeugdportret 1975 Kroniek Memoires van de Heer Daegeman 1975 Roman De zwarte hand, of het anarchisme van de negentiende eeuw in het industriestadje Aalst 1976 Historiese roman Het jaar 1901 1977 Historiese kroniek Het geuzenboek 1979 Historiese roman oor die 16de eeu Eros en de eenzame man 1980 Roman Ook de afbreker bouwt op 1982 Proleetje en Fantast 1982 Stripverhaal, saam met Maurice Roggeman Hij was een zwarte en andere reportages 1986 Zondagsleven van Pomponneke 1988 Vertraagde Film 1988 Vertellingen van Jo 1989 Brieven aan Morris 1989 Brieven aan literaire vrienden 1989 Boons scenario's 1989 Niets dan wat oorlog 1989 L.P. Boon radio actief 1991 Eens op een mooie avond 1992 Erotiese novelle Soldatenbrieven 1993 Het Literair en Kunstkritisch Werk I. De Rode Vaan 1994 Het Literair en Kunstkritisch werk II. Front 1994 Het Literair en Kunstkritisch Werk III. De Vlaamse Gids 1995 Boontjes moppenencyclopedie 1995 Het Literair en Kunstkritisch Werk IV. Vooruit (drie dele) 1997 Het boek Jezebel 1999 Brussel, een oerwoud 1999 De Zon 2001 Wanneer van u nog eens een minne-briefje? De brieven van Boon aan Richard Minne 2003 Fenomenale Feminateek 2004 Eenzaam spelen met Pompon 2005

Sien ook Vlaamse literatuur

Verwysings

Eksterne skakels Louis Paul Boon-genootskap Louis Paul Boon-studiesentrum Dossier Louis Paul Boon op Cultura Skrywersprofiel op NRC Boeken

DADD Documentatiecentrum en Archief voor Daensisme en de hedendaagse geschiedenis van de Denderstreek (DADD), bevat een collectie over en van Boon.

Kategorie:Belgiese skrywers Kategorie:Sterftes in 1979 Kategorie:Geboortes in 1912