duimnael|Nicholson in 2002 Jack Nicholson is 'n Amerikaanse akteur, regisseur en draaiboekskrywer. Hy het sy filmdebuut gemaak in The Cry Baby Killer (1958). Nicholson word beskou as een van die grootste akteurs van sy generasie. Hy is ook een van die mees roemryke akteurs en het kritiese lof vir sy akteurspel ontvang: sy 12 Oscar benoemings is die meeste benoemings wat tot op datum deur 'n manlike akteur ontvang is. Hy het ook eerbewyse ontvang vanaf die Kennedy Center en is 'n ontvanger van die AFI toekenning vir lewenslange prestasie asook die Golden Globe Cecil B. DeMille-toekenning.

Nicholson het in die eerste dekade van sy akteursloopbaan in verskeie mindere rolle in die film- en televisiebedryf verskyn. Sy enigste noemenswaardige rol in die tyd het voorgekom in onafhanklike films. Nicholson se deurbraakrol was in Easy Rider (1969). Nicholson het daarna verskyn in Five Easy Pieces (1970). Hy het hierna in die komedie-dramafilm Carnal Knowledge (1971) gespeel. Sy rol in The Last Detail (1973) het aan hom 'n Cannes-toekenning vir Beste Akteur besorg. Vir sy rol in die film Chinatown (1974) (wat deur Roman Polanski geregisseer is) is hy bekroon met 'n Golden Globe vir Beste akteur. Hy het hierna die rol gespeel van Randle McMurphy in One Flew Over the Cuckoo's Nest (1975) wat deur Miloš Forman geregisseer is, en wat 'n toekenning vir Beste film gewen het en aan hom 'n Oscar besorg het vir Beste Akteur. In 1976 het hy gespeel in die filmverwerking (1976) van F. Scott Fitzgerald se The Last Tycoon (1941). In die jaar het hy ook saam met Marlon Brando in die western The Missouri Breaks gespeel. In 1978 het Nicholson in 'n verdere western, die film Goin' South gespeel en dit ook geregisseer.

In 1980 het Nicholson die rol van Jack Torrance gespeel in Stanley Kubrick se The Shining. Vir sy vertolking van die kommunis Eugene O'Neill in Reds (1981) is Nicholson met 'n BAFTA-toekenning vir Beste Akteur in 'n ondersteunende rol bekroon. Hy het 'n Golden Globe-toekenning vir Beste Ondersteunende Akteur gewen vir sy rol in Terms of Endearment (1983). Hy het later in die opvolg film hierop uit 1996, The Evening Star, gespeel. Hy het saamgewerk met die regisseur John Huston in Prizzi's Honor (1985), waarvoor hy benoem is vir 'n Oscar vir Beste Akteur. Sy rol as die fiktiewe karakter Francis Phelan in Ironweed (1987) het hom 'n verdere Oscar benoeming vir Beste Akteur besorg. Hy het hierna die rol van Joker (Jack Napier) vertolk in Batman (1989) wat deur Tim Burton geregisseer is. Nicholson het hierna gespeel The Two Jakes (1990) waarvan hy ook die regisseur was, welke 'n opvolg film was op Chinatown. In 1992 het hy die rol vertolk van Jimmy Hoffa in Hoffa wat deur Danny DeVito geregisseer is. Dieselfde jaar het Nicholson ook verskyn in A Few Good Men. Hy het weer met Burton saamgewerk op Mars Attacks! (1996). Vir sy volgende rol in As Good as It Gets (1997) het hy 'n Oscar vir Beste Akteur ontvang. In 2006 het saam met Matt Damon en Leonardo DiCaprio gespeel in The Departed wat deur Martin Scorsese geregisseer is. Hy het ook saam met Morgan Freeman gespeel in die komediefilm The Bucket List uit 2007. Sy finale verskyning as akteur was in How Do You Know uit 2010, waarna hy na bewering afgetree het as gevolg van geheueverlies.

Films

duimnael|Nicholson in The Little Shop of Horrors (1960) duimnael|Nicholson saam met Michelle Phillips tydens die 1971 Golden Globes duimnael|Nicholson nadat hy 'n Oscar benoeming ontvang het vir sy rol in One Flew Over the Cuckoo's Nest (1975) duimnael|Nicholson saam met sy medester Dennis Hopper (in 1969 se Easy Rider) tydens die 62ste Academy Awards in 1990 duimnael|Nicholson by die Hollywood Walk of Fame in 2010 JaarTitelRolNotasVerw1958 1960 Too Soon to Love Buddy 1960 1960 1960 Studs Lonigan 1962 The Broken Land 1963 1963 1963 Thunder Island— Skrywer1964 Flight to Fury ook die skrywer1964 Back Door to Hell Burnett 1966 Ook die regisseur1966 Ride in the Whirlwind Wes Ook die regisseur en skrywer1967 Gino 1967 Hells Angels on Wheels Digter 1967 — Skrywer1968 Psych-Out Stoney 1968 Head Filmregisseur in Restourant CameoOok regisseur en skrywer1969 Easy Rider 1970 On a Clear Day You Can See Forever 1970 Bunny1970 Five Easy Pieces 1971 Carnal Knowledge 1971 Mitch1971 Drive, He Said— Regisseur en skrywer1972 1973 1974 Chinatown 1975 1975 1975 One Flew Over the Cuckoo's Nest Oscar vir Beste Akteur in 'n Leidende Rol1975 Tommy 1976 1976 Brimmer1978 Goin' South Ook die regisseur1980 1981 1981 Reds 1982 1983 Terms of Endearment Oscar vir Beste Akteur in 'n Leidende Rol1985 Prizzi's Honor 1986 Heartburn 1987 1987 Broadcast News 1987 Ironweed 1989 Batman 1990 Ook die regisseur 1992 Man Trouble 1992 1992 Hoffa 1994 Wolf 1995 1996 Blood and Wine 1996 1996 Mars Attacks! 1997 As Good as It Gets Oscar vir Beste Akteur in 'n leidende rol2001 2002 About Schmidt 2003 Anger Management 2003 Something's Gotta Give 2006 2007 2010 How Do You Know 2010 I'm Still Here

Televisie JaarTitelRolNotasVerw1956 NBC Matinee Theater Musikant se seun Episode: "Are You Listening?"1960 Mr. Lucky Martin Episode: "Operation Fortuna?"1960 Bud Episode: "The Mink Coat"1961 Tales of Wells Fargo Episode: "That Washburn Girl"1961 Sea Hunt Episode: "Round Up"1961 Bronco Episode: "The Equalizer"1962 Hawaiian Eye Episode: "Total Eclipse"1966 Dr. Kildare 4 episodes1966–67 2 episodes1967 Episode: "A Son for a Son"1986 Elephant's Child Verteller (stem) Televisie 2016 The Fight Game With Jim Lampley Homself

Notas

Verwysings

Eksterne skakels

Jack Nicholson op Rotten Tomatoes