Marc Tritsmans (gebore in 1959) is 'n Vlaamse digter.https://naledi.online/product/die-singende-wereld/ Opgespoor en besoek op 21 September 2020
Tritsmans was voorheen werksaam as 'n munisipale omgewingsbeampte. Hy debuteer in 1992 as digter met De wetten van de zwaartekracht (Lannoo). Dit is gevolg deur die bundels Onder bomen (1994), Oog van de tijd (1997), Van aarde (1999), Sterk water (2000) en Kritische massa (2002). Sedert 2001 doseer hy poësie aan die Antwerpense Schrijversacademie. In 2004 verskyn 'n bundel bestaande uit Engelse vertalings van sy gedigte deur James Brockway.https://www.gedichten.nl/biografie/Marc+Tritsmans Opgespoor en besoek op 21 September 2020
Tritsmans se bundel Het zingen van de wereld (2017) is deur Daniël Hugo in Afrikaans vertaal onder die titel Die singende wêreld (2019).https://poeziecentraal.be/nieuws/144/daniel-hugo-over-zijn-afrikaanse-vertaling-van-het-zingen-van-de-wereld-van-marc-tritsmans Opgespoor en besoek op 21 September 2020
Tritsmans het in Maart 2020 die KKNK besoek vir die bekendstelling van die bundel.
Publikasies De wetten van de zwaartekracht (1992) Onder bomen (1994) Oog van de tijd (1997) Van aarde (1999) Sterk water (2000) Kritische massa (2002) Het zingen van de wereld (2017) Alles is hier nog (2020)
Verwysings
Eksterne skakels Resensie van Die singende wêreld op Joan Hambidge se webjoernaal WOORDE WAT WEEG
Kategorie:Vlaamse digters Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Lewende mense