Die BMW 5-reeks is 'n direkteursmotor wat sedert 1972 deur BMW vervaardig word. Dit is die opvolger van die New Class Sedans en is tans in sy sewende generasie.
Aanvanklik was die 5-reeks slegs in 'n sedan-bakstyl beskikbaar. Die stasiewa-bakstyl (genaamd "Touring") is in 1991 bygevoeg en die 5-deur vloeirug (genaamd "Gran Turismo") is van 2009 tot 2017 vervaardig.
Die eerste geslag van die 5-reeks word aangedryf deur vier- en sessilinder petrolenjins met natuurlike lugvloei. Die geslagte daarna word aangedryf deur viersilinder-, sessilinder-, V8- en V10-enjins wat natuurlik geaspireer of turboaangejaag is. Sedert 1982 is dieselenjins by die 5-reeks ingesluit.
Die 5-reeks is BMW se tweedebeste verkopermodel na die 3-reeks. Op 29 Januarie 2008 is die 5 miljoenste 5-reeks vervaardig, 'n 530d sedan in Carbon Black Metallic. regs|duimnael|E12 voor regs|duimnael|E28 voor
Derde generasie (E34; 1988–1996) regs|duimnael|E34 voor Die E34 is die derde generasie van die 5-reeks, wat van 1988 tot 1996 vervaardig is. Dit is in die sedan-bakstyl geloods, met die reeks wat in 1990 uitgebrei is tot die "Touring"-bakstyl.
Daar is 'n buitengewone groot reeks enjins gedurende sy leeftyd aangebring, aangesien nege verskillende enjinfamilies gebruik is. Dit het bestaan uit viersilinder-, inlynsessilinder- en V8-petrolenjins, en sessilinder-dieselenjins.
Vyfde generasie (E60/E61; 2003–2010) regs|duimnael|E60 voor Die E60/E61 is die vyfde generasie van die 5-reeks, wat van 2003 tot 2010 bemark is.
Die E60/E61 M5 is in 2005 vrygestel en word aangedryf deur die S85 V10-enjin. Dit is in die sedan- en wa-bakstyle verkoop, en die meeste motors gebruik 'n 7-gang outomatiese handratkas.
Sesde generasie (F10/F11/F07/F18; 2010–2016)
regs|duimnael|F10 voor links|duimnael|F10 agter
Sewende generasie (G30/G31/G38; 2016–hede) regs|duimnael|G30 voor links|duimnael|G30 agter Die BMW G30/G31/G38 is die sewende generasie van die 5-reeks. Dit is amptelik in Oktober 2016 aangekondig, en verkope het in Februarie 2017 begin.
Verwysings
Kategorie:BMW