Jean-Paul Marat (24 Mei 1743 - 13 Julie 1793) was 'n Franse politieke teoretikus, geneesheer en wetenskaplike.Isaac Asimov se Biographical Encyclopedia of Science and Technology – Second Revised Edition, 1982, bl. 334.Hy was 'n joernalis en politikus tydens die Franse rewolusie en 'n kragdadige verdediger van die sans-culottes en is beskou as 'n radikale stem. Hy het sy menings in pamflette, plakkate en koerante gepubliseer. Sy tydskrif L'Ami du peuple (Afrikaans: Vriend van die volk) het hom nie-amptelik verbind met die radikale Jakobynse groep wat na Junie 1793 aan bewind gekom het.
Sy joernalistieke werk was bekend om die heftige toon daarvan, die voorstaan van basiese menseregte vir die armste lede van die samelewing en 'n kompromislose houding teenoor die nuwe leiers en instellings van die rewolusie. Die massamoorde van September word aan hom toegeskryf, maar die kollektiewe mentaliteit wat dit moontlik gemaak het, was die gevolg van omstandighede en het nie plaasgevind vanweë die bedoeling van enige spesifieke individu nie.Georges Lefebvre, The French Revolution: From its Origins to 1793 (2001) p.236 Marat is om die lewe gebring deur Charlotte Corday, 'n Girdonistiese simpatiseerder, terwyl Marat 'n medisinale bad geneem het vir sy verswakkende veltoestand. Corday is vier dae later op 17 Julie 1793 tereggestel vir die sluipmoord.
Marat het na sy dood 'n ikoon van die Jakobyne geword, en is gehuldig as 'n rewolusionêr martelaar. Hy word uitgebeeld in Jacques-Louis David se beroemde skildery, "Die Dood van Marat".
Vroeë lewe, opvoeding, vroeë skryfwerk Marat is op 24 Mei 1743 in Boudry, in die Pruisiese Prinsdom van Neuchâtel (nou deel van Switserland) gebore. Belfort Bax 2008, p. 5. Hy was die tweede van nege kinders van Jean Mara ("Giovanni Mara"), 'n boorling van Cagliari, Sardinië, en Louise Cabrol, 'n Franse Hugenoot van Castres. Sy vader was 'n godsdienstige vlugteling; hy het hom tot die Calvinisme bekeer in Genève. Marat het op 16-jarige ouderdom die huis verlaat op soek na nuwe geleenthede. Hy was terdeë bewus van die beperkte geleenthede vir diegene wat as buitestaanders beskou word, aangesien sy hoogs opgeleide vader van die hand gewys is vir verskeie onderwysposte.
Opvoeding Hy het op 17-jarige ouderdom aansoek gedoen om deel te wees van die ekspedisie van Jean-Baptiste Chappe d'Auterochena na Tobolsk om die oorgang van Venus te meet. Sy aansoek is egter van die hand gewys. Hy was 'n beskermling van die welgestelde Nairac-gesin in Bordeaux, waar hy twee jaar gebly het. Daarna verhuis hy na Parys en studeer medies, sonder om enige formele kwalifikasies te verwerf.
Hy het informeel as dokter gewerk nadat hy in 1765 na Londen verhuis het. Terwyl hy daar was, het hy bevriend geraak met die kunstenaar Angelica Kauffman. Sy sosiale kring het Italiaanse kunstenaars en argitekte ingesluit wat in koffiehuise rondom Soho bymekaargekom het. Hy was baie ambisieus, maar sonder beskerming of kwalifikasies, en het gepoog om homself te laat geld op die intellektuele toneel.
Politieke, filosofiese en mediese skryfwerk Omstreeks 1770 verhuis Marat na Newcastle upon Tyne. Sy eerste politieke werk, "Kettings van Slawerny", geïnspireer deur die buite-parlementêre aktiwiteite van die latere burgemeester van Londen, John Wilkes, was waarskynlik in die sentrale biblioteek daar geskryf. Volgens Marat se eie kleurryke weergawe het hy tydens die skryf daarvan vir drie maande lank op swart koffie geleef en slegs twee uur per nag geslaap, en nadat hy dit klaargemaak het, vir 13 dae agtereenvolgens geslaap. Les Chaines de l'Esclavage, 1793 ( red. Goetz et de Cock) p. 4167 (6). Getalle tussen hakies verwys na die oorspronklike weergawe. Hy het dit die subtitel gegee van: " 'n Werk waarin die klandestiene en boosaardige pogings van Prinse om Vryheid te kniehalter, en die afskuwelike tonele van Despotisme, geopenbaar word". Hierdie werk besorg hom erelidmaatskap van die patriotiese verenigings van Berwick-upon-Tweed, Carlisle en Newcastle. Die Biblioteek van die Newcastle Literary and Philosophical Society beskik oor 'n eksemplaar, en Tyne and Wear Archives Service beskik oor drie wat voorgelê is aan die verskillende gildes van Newcastle.
Marat het " 'n Filosofiese Essay oor die mens" , en sy politieke teorie, "Kettings van Slawerny", in onderskeidelik 1773 en 1774 gepubliseer.<ref name="deCock"> de Cock, J. & Goetz, C.,' 'Œuvres de Jean-Paul Marat , 10 volumes, Éditions Pôle Nord, Brussel, 1995. </ref> Voltaire se skerp kritiek op De l'Homme ('n verkorte vertaling, wat in 1775–76 gepubliseer is), deels ter verdediging van sy protégé Claude Adrien Helvétius, versterk egter Marat se gevoel van 'n groeiende kloof tussen die "filosowe", gegroepeer rondom Voltaire aan die een kant, en hul "teenstanders", losweg gegroepeer rondom Rousseau, aan die ander kant.
Hy publiseer by sy terugkeer na Londen "Ondersoek na die Aard, Oorsaak en Kuur van 'n Enkele Siekte van die Oe". In 1776 verhuis Marat na Parys nadat hy in Genève vertoef het om sy familie te besoek.
In Parys het sy toenemende reputasie as 'n uiters effektiewe dokter saam met die beskerming van die Markies de l'Aubespine (die eggenoot van een van sy pasiënte) sy aanstelling as dokter tot die lyfwagte van die comte d'Artois, Lodewyk XVI van Frankryk se jongste broer wat in 1824 koning Charles X van Frankryk sou word, verseker. Conner 1999, bl. 35. Hy begin in hierdie pos te werk in Junie 1777. Sy salaris het jaarliks 2000 livres plus toelaes beloop.
Wetenskaplike skryfwerk Marat het 'n laboratorium in die marquise de l'Aubespine se huis begin met fondse wat verkry is deur as hofdokter onder die aristokrasie te dien. Sy metode was om die noukeurige reeks eksperimente wat hy onderneem het breedvoerig te beskryf, en sodoende alle moontlike gevolgtrekkings te ondersoek en uit te sluit, behalwe die gevolgtrekking waartoe hy gekom het.
Hy het werke gepubliseer oor vuur, hitte, elektrisiteit en lig. Hy het in 1779 'n opsomming van sy wetenskaplike sienings en ontdekkings gepubliseer as Découvertes de M. Marat sur le feu, l'électricité et la lumière (Afrikaans: Mnr. Marat se Ontdekkings oor Vuur, Elektrisiteit en Lig). Hy het ook drie gedetailleerde werke gepubliseer wat op elk van sy navorsingsgebiede uitgebrei het.
Recherches Physiques sur le Feu Die eerste van Marat se grootskaalse publikasies wat sy eksperimente uiteengesit en gevolgtrekkings daaruit gemaak het was Recherches Physiques sur le Feu (Afrikaans: Navorsing van die Werking van Vuur), wat in 1780 gepubliseer is met die goedkeuring van die amptelike sensors.Conner 1999, p. 71.
Hierdie publikasie beskryf 166 eksperimente wat uitgevoer is om aan te toon dat vuur nie, soos algemeen aanvaar is, 'n wesentlike element was nie, maar 'n stollingsvloeistof. Hy het die Akademie vir Wetenskap gevra om sy werk te beoordeel, waarna die Akademie 'n kommissie benoem het wat in April 1779 hul bevindings gerapporteer het. Die verslag het nie Marat se bevindinge ondersteun nie, maar wel sy "nuwe, presiese en goed uitgevoerde eksperimente, wat toepaslik en vindingryk ontwerp is", geprys. Marat publiseer toe sy werk met die bewering dat die Akademie die inhoud daarvan goedkeur nie. Aangesien die Akademie sy metodes onderskryf het, maar niks oor sy gevolgtrekkings gesê het nie, het hierdie bewering die woede van Antoine Lavoisier teweeggebring, wat geëis het dat die Akademie dit moet repudieer. Toe die Akademie dit wel doen, was dit die begin van verslegtende verhoudinge tussen Marat en baie van die Akademie se voorste lede. 'n Aantal van hulle, onder wie Lavoisier self, sowel as die Markies de Condorcet en Pierre-Simon Laplace, het 'n hekel in Marat ontwikkel. Lamarck en Bernard Germain de Lacépède het egter positief geskryf oor Marat se eksperimente en gevolgtrekkings. Conner 1999, pp. 77-79.
Découvertes sur la Lumière In Marat se tyd is Newton se sienings oor lig en kleur bykans deur die bank as waar beskou, maar tog was Marat se eksplisiete doel in sy tweede groot werk, Découvertes sur la Lumière, (Ontdekkings oor Lig) om aan te toon dat Newton gefouteer het op sekere sleutelgebiede.
Die fokus van Marat se werk was die studie van hoe lig rondom voorwerpe buig, en sy vernaamste argument was dat hoewel Newton van mening was dat wit lig by wyse van refraksie in verskeie kleure afgebreek word, die kleure eintlik veroorsaak word deur diffraksie. Wanneer 'n sonstraal deur 'n diafragma skyn, en deur 'n prisma gaan en kleur op 'n muur projekteer, het die verdeling van die lig in kleure nie in die prisma plaasgevind nie, soos Newton volhou, maar aan die rand van die diafragma self. Conner 1999, pp. 89-95. Marat het gepoog om aan te toon dat daar slegs drie primêre kleure is, eerder as sewe, soos Newton aangevoer het. Conner 1999, pp. 105-106.
Marat het weereens versoek dat die Akademie sy werk hersien, en dit het 'n kommissie ingestel om dit te doen. Oor 'n tydperk van sewe maande, van Junie 1779 tot Januarie 1780, het Marat sy eksperimente in die teenwoordigheid van die kommissie uitgevoer sodat hulle sy metodes en gevolgtrekkings kon beoordeel. Die opstel van hul finale verslag is toegewys aan Jean-Baptiste Le Roy. Die verslag is uiteindelik na baie vertragings in Mei 1780 vrygestel, en het bestaan uit slegs drie kort paragrawe. Dit is opmerklik dat die verslag tot die gevolgtrekking gekom het dat " hierdie eksperimente veelvuldig is ... [maar] ... dit wil voorkom asof dit nie bewys wat die skrywer glo dit vasstel nie." Die Akademie wou nie die werk van Marat onderskryf nie. Conner 1999, pp. 94–95. Toe dit gepubliseer is, het Découvertes sur la lumière nie koninklike goedkeuring verkry nie. Volgens die titelblad is dit in Londen gedruk, sodat Marat nie die amptelike sensor kon kry om dit goed te keur nie, of omdat hy nie die tyd en moeite wou aangaan om dit te laat goedkeur nie.
Recherches Physiques sur L'Électricité Marat se derde groot werk, getiteld Recherches Physiques sur l'Électricité (Afrikaans: "Navorsing oor die Werking van Elektrisiteit"), het 214 eksperimente behels. Een van sy belangrikste belangstellingsgebiede was elektriese aantrekkingskrag en afstoting. Afstoting was volgens hom nie 'n basiese krag van die natuur nie. Hy het 'n aantal ander ondersoekgebiede in sy werk aangespreek en afgesluit met 'n gedeelte oor weerligafleiers waarin aangevoer is dat diegene met gepunte eindpunte meer effektief was as dié met stomp eindpunte, en waarin die idee van aardbewingstawe wat deur Pierre Bertholon de Saint-Lazare bepleit is, veroordeel is. Hierdie boek is gepubliseer met die keurstempel van die sensor, maar Marat het nie die goedkeuring van die Akademie vir Wetenskappe gevra nie.Conner 1999, p. 132.
In April 1783 bedank hy uit sy aanstelling aan die hof en spits hy hom voltyds toe op wetenskaplike navorsing. Afgesien van sy hoofwerke, het Marat gedurende hierdie tydperk korter opstelle gepubliseer oor die mediese gebruik van elektrisiteit (Mémoire sur l'électricité médicale (1783)) en oor optika (Notions élémentaires d'optique (1784) ). Hy publiseer 'n vertaling van Newton se Opticks (1787) wat goed ontvang word, en wat tot onlangs nog in druk was, en later 'n versameling essays oor sy eksperimentele bevindings, insluitend 'n studie oor die effek van lig op seepborrels in sy Mémoires académiques, ou nouvelles découvertes sur la lumière ("Akademiese memoires, of nuwe ontdekkings oor lig", 1788). Benjamin Franklin het hom by verskeie geleenthede besoek en Goethe het sy verwerping deur die Akademie as 'n jammerlike voorbeeld van wetenskaplike despotisme beskryf.
Ander pre-revolusionêre skryfwerk In 1782 publiseer Marat sy "gunstelingwerk" getiteld Plan de législation criminelle. Dit was 'n polemiek vir strafhervorming wat ingeskryf was vir 'n kompetisie wat aangekondig is deur die Bern-ekonomiese genootskap in Februarie 1777 en wat gesteun is deur Frederik die Grote en Voltaire. Marat is in die skryf daarvan geïnspireer deur Rousseau en Cesare Beccaria.