Henry Vahl (Stralsund, 26 Oktober 1897 - Hamburg, 21 Julie 1977) was 'n Duitse akteur.
Jeug en opleiding Henry Vahl word gebore as die oudste van vier kinders van Franz Vahl, 'n seeman; sy broer was die akteur Bruno Vahl-Berg en sy suster Lissy was die moeder van die akteur Edgar Bessen. Reeds as kind verskyn Vahl in sy geboortestad in meerdere rolle. Toe die skip van sy vader in 1905 verniel word deur 'n stormvloed, verhuis die familie die jaar daarna na Kiel. Na beëindiging van sy opleiding in die drukkersbedryf werk hy in die suiwelbedryf en by die Hansahotel, waar die direkteur van die Kieler Stadsteater hom opmerk en aan hom 'n kontrak bied. In 1916 speel hy sy eerste rol in die stuk Peterchens Mondfahrt. Hy werk in 1915 by Howaldtswerke-Deutsche Werft ten einde diensplig te vermy.
Loopbaan As akteur In 1918 gaan Vahl na die Lübeckse Hansatheater. In 1926 gaan hy as akteur en regisseur na die Bernburg an der Saale, maar die teater word reeds in 1929 gesluit, waarna hy na Berlyn verhuis en na enkele kleinere rolle en optredes by die Duitse Teater deur Heinz Hilpert gekontrakteer word.
In 1950 gaan die egpaar Vahl na Hamburg, waar Vahl optree in die Flora-Teater en die Teater im Zimmer van Helmuth Gmelin, maar ook in die Jungem Teater van Friedrich Schütters (teenswoordig die Ernst-Deutsch-Theater), waar hy die rol speel van die ou landarbeider Candy in 'n toneelverwerking van die roman Von Mäusen und Menschen. In Maart 1958 word die stuk Meister Anecker deur August Lähn in die Ohnsorg Teater gespeel, maar die akteur Otto Lüthje, wat die rol moes speel van die skoenmaker vakleerling Matten, word kort voor die première siek, met die gevolg dat Vahl as plaasvervanger aangevra word, waarna hy 'n gerekende akteur word. In die daaropvolgende jare verskyn hy in meer as 100 rolle, dikwels saam met Heidi Kabel. Van groot belang was die hoofrolle in Schneider Nörig en Vater Phillip, as Ewald Brummer in Tratsch im Treppenhaus en as Mandus Sötje in Mien Mann, de fohrt to See.
Die rol van die ou, eksentrieke en dranksugtige Matten word sy belangrikste rol en word danksy die tv-uitsending in November 1965 'n reuse sukses, waardeur die Ohnsorg Teater oorweldig word met telefoonoproepe, gelukwensingstelegramme en blomme. Henry Vahl word as gevolg van die tv-uitsending van die teaterstuk (deur die Norddeutscher Rundfunk (NDR) ) en gasoptredes landwyd gewild en 'n liefling van die publiek. In 1967 word hy bekroon met die Bronzen Beeldscherm. Van 1962 tot in die jare 70 tree hy met reëlmaat op in die gewilde NDR-vermaaklikheidsprogram Haifischbar. Die tweedelige tv-misdaadsreeks Die rote Geldbörse (1966), waarin Vahl die hoofrol speel, behaal ook groot tv-sukses.
In 1972 verlaat Henry Vahl die Ohnsorg-teater. Hy het amptelik die teater verlaat weens ouderdom, maar nie-amptelik sou hy na bewering 'n meningsverskil gehad het met Günther Siegmund, die opvolger van wyle Hans Mahler. Siegmund wou die ensemble verjong en Henry Vahl na 1969/70 opsy stoot. Mahler het belowe om die toneelstukMeister Anecke nog een keer op te voer ten einde hom van die verhoog afskeid te laat neem, maar Siegmund het geen verpligting daaroor gevoel nie.
Alhoewel hy in toenemende mate sy tekste nie kon onthou nie, begin hy in 1973 op te tree by die St. Pauli Teater van Kurt Collien, waar hy nog 43 keer in Meister Anecker en vanaf 1974 nog 168 keer as Zitronjette optree.
Privaat lewe en afsterwe
In 1918 ontmoet hy Germaine Koch by die Hansa-teater in Lübeck. Hy het aan haar verloof geraak en in 1920 saam met haar verhuis na Braunschweig waar hulle op 31 Januarie 1925 die knoop deurgehak het.
In 1940 kry hy saam met sy vrou 'n betrekking in Karlsbad, waar hy in November 1941 sy 25ste verhoogherdenking vier. In dieselfde maand is die werkpermit van sy vrou, wat half Joods was, egter ingetrek. Sy moes wegkruip en het tot aan die einde van die oorlog in 'n tuinhuis in Ratzeburg weggekruip. Vahl was nie bewus van waar sy haar bevind het nie, maar het deur middel van haar moeder kontak met haar behou. Tydens 'n ondervraging deur die Gestapo het hy hulle as vermis aangemeld. In 1943 is hy opgeroep om diens te doen aan die Oosfront. Na die oorlog verhuis hy saam met sy vrou na Berlyn.
Sy vrou is in 1975 oorlede, en in Februarie 1976 het hy 'n infarksie gehad waarvan hy nooit sou herstel nie. Hy is op 21 Julie 1977 in die ouderdom van 79 in Hamburg oorlede aan die gevolge van 'n bloedsomloopstoornis. Hy is langs sy broer Bruno by die kerkhof in Ohlsdorf begrawe.
Aandenkings
'n Park naby sy huis in die distrik van Eimsbüttel is na hom vernoem (Henry Vahl-Park). In 2014 in die Gaarden (Kiel)-distrik is die plein voor die huis waar Vahl van 1912 tot 1919 gewoon het herdoop tot Henry-Vahl-plein.
Toneelstukke Meister Anecker, 1958 met Karl-Heinz Kreienbaum, Christa Wehling, Heiner Kollhoff en Ilse Seemann Opa wird verkauft, 1961 deur Günther Siegmund, met Heinz Lanker, Karl-Heinz Kreienbaum en Christa Wehling Vater Philipp, 1963 deur Hans Mahler, met Heidi Kabel, Gisela Wessel, Edgar Bessen en Heinz Lanker Meister Anecker, 1965 met Jochen Schenck, Christa Wehling, Heini Kaufeld en Gisela Wessel Tratsch im Treppenhaus, 1962 en 1966, deur Hans Mahler, met Erna Raupach-Petersen, Heidi Kabel en Ernst Grabbe Kein Auskommen met dem Einkommen, 1966 deur Heini Kaufeld, met Otto Lüthje, Heidi Kabel, Edgar Bessen en Heidi Mahler Die Kartenlegerin, 1968 deur Hans Mahler, met Heidi Kabel, Willy Millowitsch en Erna Raupach-Petersen Verteufelte Zeiten, 1968 deur Hans Mahler, met Heidi Mahler, Heidi Kabel, Edgar Bessen en Gisela Wessel Schneider Nörig, 1969 deur Hans Mahler, met Werner Riepel, Heidi Kabel, Hilde Sicks en Heidi Mahler Der Bürgermeisterstuhl, 1969 deur Hans Mahler, met Erna Raupach-Petersen, Anni Hartmann en Christa Wehling Mensch sein muß der Mensch, 1970, met Werner Riepel, Edgar Bessen en Heini Kaufeld Der möblierte Herr, 1971 deur Günther Siegmund, met Jürgen Pooch, Helga Feddersen, Heidi Kabel en Werner Riepel Mein Mann der fährt zur See, 1971 deur Günther Siegmund, met Christa Wehling, Werner Riepel, Heidi Kabel en Hilde Sicks Zitronenjette, in die Hamburgse St. Pauli Theater, van 1973 tot 1975
Rolprente 1950: Der Rat der Götter 1956: Schiff ohne Hafen 1958: Herz ohne Gnade 1958: Der Maulkorb 1959: Der Engel, der seine Harfe versetzte 1959: Ein Mann geht durch die Wand 1960: Lampenfieber 1960: Pension Schöller 1961: Unser Haus in Kamerun 1962: Schneewittchen und die sieben Gaukler 1963: Stahlnetz: Das Haus an der Stör 1963: Aufenthalt in Puttgarden (kort dokumentêre film) 1965: Ulrich und Ulrike (tv-serie) 1966: Die rote Geldbörse (tv-misdaadsreeks in twee tale) 1967: Polizeifunk ruft: Alarm im Moor 1967: Landarzt Dr. Brock 1968: Otto und die nackte Welle 1971: Unser Willi ist der Beste 1971: Wir hau'n den Hauswirt in die Pfanne 1972: Die lustigen Vier von der Tankstelle 1972: Und der Regen verwischt jede Spur 1972: Grün ist die Heide 1974: Frühling auf Immenhof
Hoorspele 1957: De Möllner Gerechtigkeit – Regie: Hans Tügel 1958: Die sieben Tage der Anna Pauly – Regie: Wolfgang Schwade 1958: De Doden sünd dod – Regie: Hans Tügel 1958: Kattengold (ná Johann Hinrich Fehrs) – Regie: Hans Tügel 1958: Merkur über Hamburg – Regie: Hans Tügel 1958: Hamborg sien Uhlenspeegel – Regie: Günter Jansen 1958: Recht mutt Recht blieven – Regie: Hans Tügel 1958: De Daag ward kötter – Regie: Günter Jansen 1958: De stahlen Pastor – Regie: Walter Bäumer 1959: Dat Licht – Regie: Hans Tügel 1959: Abelke Bleken, de Hex vun Ossenwarder – Regie: Hans Tügel 1959: Vun den Padd af – Regie: Hans Tügel 1959: Ward verschaben! – Regie: Ivo Braak 1959: Spök in'n Dörpen – Regie: Otto Lüthje 1959: Gott sien Speelmann (ná Otto Tenne) – Regie: Hans Tügel 1959: Mudder Elend und ehr Beerbohm – Regie: Hans Tügel 1959: De Börgermeister vun Lütten-Bramdörp – Regie: Hans Mahler 1960: An'e Eck von de Melkstroot – Regie: Rudolf Beiswanger 1960: Up eegen Fust – Outeur en regie: Hans Mahler 1960: De Negenhunnertjahrfier (deur Konrad Hansen) – Regie: Hans Robert Helms 1960: Bott för de Doden (ná Hein Bredendiek) – Regie: Hans Tügel 1960: Gericht in Potenza – Regie: Gustav Burmester 1960: De verloren Söhn – Regie: Hans Tügel 1961: Bericht über Apfelbäume – Regie: Gustav Burmester 1961: Bericht von Apfelbäumen – Regie: Gustav Burmester 1961: Besök in de Vergangenheit – Regie: Otto Lüthje 1961: Marschmusik för't Leben – Regie: Hans Tügel 1961: Eli (ná Nelly Sachs) – Regie: Heinz von Cramer 1962: Ein Leben mit Tieren: Carl Hagenbeck (1) – Regie: Wolfram Rosemann 1962: Kaspar Ohm un ick – Regie: Bernd Wiegmann 1962: De Dochter (ná Gisela Schlüter) – Regie: Günther Siegmund 1962: Nich dat Geld alleen – Regie: Friedrich Schütter 1963: De Püjazz (ná Günther Siegmund) – Regie: Hans Mahler 1963: Der dreieckige Traum (2de aand) – Regie: Kraft-Alexander zu Hohenlohe-Oehringen 1963: Das Obdach – Regie: Fritz Schröder-Jahn 1963: Mitgift ut Kalkutta – Regie: Bernd Wiegmann 1963: Zwischenlandung – Regie: Fritz Schröder-Jahn 1963: Spöök vun güstern (ná Hein Bredendiek) – Regie: Hans Tügel 1963: De Soot – Regie: Friedrich Schütter 1963: Appels in Navers Gaarn (ná Walter A. Kreye) – Regie: Ivo Braak 1963: Plaat hett dat dahn! – Regie: Hans Robert Helms 1963: Diederk schall freen (ná August Hinrichs) – Regie: Bernd Wiegmann 1964: Fragen Sie den Kapitän – Regie: Wolfgang Harprecht 1964: Dat Arvdeel – Regie: Otto Lüthje 1964: Der erkältete Amtsschimmel – Regie: Jo Hanns Müller 1965: Een leegen Hannel – Regie: Hans Tügel 1966: Duppelte Räken – Regie: Heini Kaufeld 1966: De swarte Hahn – Regie: Curt Timm 1966: Dat Sympathiemiddel – Regie: Curt Timm 1969: Der graue Wolf – Regie: Otto Kurth
Notas
Kategorie:Duitse akteurs Kategorie:Geboortes in 1897 Kategorie:Sterftes in 1977