Die Foyle-rivier (Engels: River Foyle, afgelei van die Ierse An Feabhal) is 'n rivier wat in die noordweste van die eiland Ierland deur westelike Ulster vloei, vanaf die samevloeiing van die Finn- en Mourne-riviere naby die nedersettings Lifford in die Ierse graafskap Donegal en Strabane in die Noord-Ierse graafskap Tyrone. Van hier vloei die Foyle deur Derry om in die meer Lough Foyle en uiteindelik in die Atlantiese Oseaan uit te mond. Gegewe sy grootte, is die Foyle die snelste vloeiende rivier in Europa.Journal of Urban Design and Mental Health; 2018:5;6: Using Art and Design to Create Shared Safe Space in Urban Areas: A case study of the banks and bridges of the River Foyle in Derry/Londonderry Northern Ireland. Besoek op 6 September 2020 duimnael|links|Die klein boots- en jaghawe Foyle Port in die middestad van Derry, Noord-Ierland duimnael|links|Peace Bridge oor die Foyle in Derry duimnael|links|Uitsig oor Lough Foyle, soos gesien vanuit die suidoewer in Carrickhugh, Noord-Ierland Die rivier, wat 'n totale lengte van 129 km (80 myl) het, skei 'n deel van die graafskap Donegal van gebiede in die Noord-Ierse graafskappe Londonderry en Tyrone. Die distrik langs die wesoewer van die Foyle in Donegal staan tradisioneel bekend as Laggan. Twee klein nedersettings, St. Johnston en Carrigans, is langs die rivieroewer geleë.

Die Foyle is gewild by watersportentoesiaste. 'n Aantal sportverenigings, wat kanovaart, seil- en roeisport beoefen, is langs die rivierloop gestig, terwyl 'n vasmeerplek vir bote en kleiner jagte, Foyle Port, langs in die middestad van Derry, net buite die kantore van die stadsraad, aangelê is. In die somermaande is waterski en jetski gewild.

Verwysings

Eksterne skakels Fauna

BBC News, 21 Mei 2018: River Foyle: What lives in the water? Kanovaart

CanoeNI: Foyle Canoe Trail

Kategorie:Riviere in Ierland Kategorie:Riviere in die Verenigde Koninkryk