Pilar Lorenza Garcia, beter bekend as Pilar Lorengar, was 'n bekende Spaanse sopraan-operasanger.

Lorengar is op 16 Januarie 1928Pilar Lorengar Is Dead at 68; A Spanish Soprano in Berlin, besoek op 27 Mei 2015 in Saragossa, Spanje gebore. Sy het agt jaar by Angeles Otein gestudeer en het daarna verder in Berlyn by Carl Ebert en Hertha Klust gestudeer. In 1949 het sy haar debuut as koorsanger by die Teatro de la Zarzuela in Madrid gemaak, waar sy ook 'n paar jaar lank gewerk het. In 1952 het sy vir die eerste keer as solis in Barcelona opgetree en in die 9de Simfonie van Ludwig van Beethoven en Brahms se Requiem gesing.

Sy is op 2 Junie 1996 in Berlyn, Duitsland oorlede.

Literatuur Elsner, Werner u. Max W. Busch: Pilar Lorengar. Ein Portrait. Berlin, Stapp 1985.

Eksterne skakels Biografie

Verwysings

Kategorie:Spaanse sangers Kategorie:Operasangers Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Sterftes in 1996