Gisela Ullyatt (1977-2020) was 'n Afrikaanse digteres.https://www.litnet.co.za/in-memoriam-gisela-ullyatt-nee-weingartz-1977-2020/ Opgespoor en besoek op 25/08/2020
Ulyatt (née Weingartz) word in Bloemfontein gebore, en behaal die grade MA (Duits) en MA (Engelse taalstudie) aan die Universiteit van die Vrystaat.https://www.litnet.co.za/author/gisela-ullyatt/ Opgespoor en besoek op 25/08/2020 Sy behaal haar PhD (NWU) in 2013. Haar tesis handel oor die Amerikaanse digter, Mary Oliver, gesien vanuit ’n Boeddhistiese raamwerk.
Van haar gedigte is in Nuwe Stemme 5 opgeneem. Kort voor haar dood in 2020 verskyn haar bundel Die waarheid oor duiwe, wat deur Protea Boekhuis gepubliseer is.https://joanhambidge.blogspot.com/2020/01/resensie-gisela-ulyatt-die-waarheid-oor.html Opgespoor en besoek op 25/08/2020
Sy was getroud met Tony Ulyatt, en was deel van die vertaalprojek In a Burning Sea, met Marlise Joubert as samesteller.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1977 Kategorie:Sterftes in 2020 Kategorie:Afrikaanse digters