Kuopio 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Landskap 20px Oos-Finland Provinsie 20px Noord-Savonia Koördinate Stigting 1653 Stadstatus 17 November 1775 Oppervlakte: - Totaal 4 326,35 vk km - waarvan land 3 241,02 vk km Hoogte bo seevlak 20 m Bevolking: - Totaal (2022) 122 594 - Bevolkingsdigtheid 28,3/vk km Tydsone UTC +2 (OET) - Somertyd UTC +3 (OEST) Klimaat - Tipe Kontinentaal-gematig - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 4,0 °C - Gem. temp. Januarie/Julie −8,1 / 17,6 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 619 mm Burgemeester Soile Lahti Amptelike webwerf kuopio.fi
Kuopio (Fins: [ˈkuo̯pio], is 'n stad en munisipaliteit in Oos-Finland en ook die administratiewe streek Noord-Savonia se hoofstad. Met 'n oppervlakte van 4 326,35 vierkante kilometer en 'n bevolking van 122 594 (2022) is dit die agtste grootste stad in dié land ná Helsinki (Helsingfors), Espoo (Esbo), Tampere (Tammerfors), Vantaa (Vanda), Oulu (Uleåborg), Turku (Åbo) en Jyväskylä, asook die grootste stad in Oos-Finland.
duimnael|links|'n Lugbeeld van Kuopio Daar bestaan verskeie teorieë oor die oorsprong van die naam Kuopio. Volgens die eerste teorie het in die 16de eeu 'n sekere invloedryke persoon met die naam Kauhanen in Tavinsalmi sy naam verander in Skopa en die mense het dit uitgespreek as Coopia en uiteindelik as Cuopio. Die tweede teorie is dat dit ontleen is aan die werkwoord kuopia, wat "hoef" beteken, soos wanneer 'n perd die grond met sy hoef beet. Volgens 'n derde teorie is dit afgelei van 'n sekere Kareliese man uit die Middeleeue met die naam Prokopij uit Ruokolahti. Dié teorie is die mees waarskynlike en word deur die Navorsingsinstituut vir die Tale van Finland ondersteun.
Galery
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Finland