Die Mercedes-Benz A-klas in sy derde generasie (fabrieksbenaming W176) is gebaseer op die 2011 A-klaskonsep van 2011 en is tydens die Geneefse motorskou in 2012 onthul.Mercedes-Benz A-Class hatches new level of refinement for its class Dit beskik oor 'n heel ander ontwerp en is groter as die vorige twee generasies van die A-klas, wat dit vir die eerste keer 'n volwaardige klein gesinsmotor maak. Dit is met 68 cm gerek sedert die oorspronklike model, en die 2012-model is nou langer as die eerste geslag B-klas, met 'n totale lengte van 4292 mm. Die motors was vanaf September 2012 in meeste markte beskikbaar.
Die derde generasie A-klas is ontwerp om 'n direkte mededinger van die BMW 1-reeks en Audi A3 te wees. Dit is bedoel om meer dinamies te wees as sy voorganger en is op jonger eienaars gefokus.
Enjins Die A-klas word aangedryf deur 'n reeks viersilinderpetrolenjins, en die 1.5-dieselenjins is weergawes van 'n Renault K-tipe -eenheid.
Foto's van AMG-modelle
Verwysings
Eksterne skakels
A-klas