Ike Moriz (* 14 Mei 1972) is 'n Duitsgebore Suid-Afrikaanse popster, sanger, akteur, liedjieskrywer en vervaardiger (B.Mus., B.Mus.Ed.).MusicBrainz Hy het 20 albums vrygestel, wat wissel van oorspronklike melodiese Indie-Rock, Pop tot Latin, Easy Listening, Lounge, Blues en Jazzy Swing.Discogs
Loopbaan
Vroeë lewe Ike Moriz (Eike Moriz) is op 14 Mei 1972 in Friedberg in Hesse, Duitsland gebore en het in Wentorf naby Hamburg grootgeword. Sy ouers was die juweliers Kai and Waltraud Moriz en hy was van 1988 tot 1989 die hoofseun van Hoërskool Wentorf. Gedurende sy skooldae het hy in sy eerste toneelstukke gespeel onder regie van Dr. Hans Bittner, wat ook sy klavieronderwyser was. Nadat hy in 1991 gematrikuleer het, het hy sy basiese militêre diens in die Feldwebel-Lilienthal-kaserne in Delmenhorst en die Bose Bergmann en Bismarck-kaserne in Wentorf naby Hamburg van 1991 tot 1992 gedoen. Daarna is hy van 1992 tot 1993 vir die eerste keer na Suid-Afrika, waar hy o.a. op sy oom se sitrusplaas in Clanwilliam in die Wes-Kaap gewerk het.
Musiekstudies Nadat sy terugkeer na Hamburg, studeer hy van 1993 tot 1995 besigheidsekonomie aan die Universiteit van Hamburg, waar hy ook sy eerste optredes as sanger in 'n Rockgroep en rolle in toneelstukke in Engels gehad het. Daarna studeer hy Jazz, Rock en Pop aan die Carl Maria von Weber-musiekakademie in Dresden van 1995 tot 1999. Tydens sy musiekstudies neem hy deel aan 'n twaalf maande lange uitruilprogram aan die Suid-Afrikaanse Musiekkollege in Kaapstad en die Rotterdamse Konservatorium van 1997-1998. Hy het twee akademiese grade vir Jazz-, Rock-, Popmusiek asook vir sangonderrig ontvang (B.Mus.Ed.).
In Londen (1999-2005) Ike Moriz het van einde 1999 tot begin 2005 in Londen gewoon. Aanvanklik verskyn Moriz daar as 'n straatmusikant en as 'n hoof sanger en klawerbordspeler vir die Indie-rockgroep 'Stunt Double' en uiteindelik as solosanger. In 2002 vertolk hy sy eerste hoofrol in die Amerikaanse musiekblyspel "Saving Anne" in die Greenwich-teater.Legends Saving Anne Musical about time travel and Anne Frank SA rock artist Ike back in SA Hy stig sy platemaatskappy, Mosquito Records London Pty Ltd., en neem sy eerste trefferliedjie 'Fall Into The Sun' saam met die vervaardiger Steve Kent in 2002 in Tin Pan Alley Studios op.Steve Kent Mosquito Records London; Tin Pan Alley Studios Dit is gevolg deur sy eerste twee solo-albums wat hy van 2002 tot 2005 saam met Alan van Kleef by Motion Studios opgeneem en vervaardig het.Alan van Kleef; Motion Studios London Moriz se liedjies bereik nommer een op radiostasies in die Verenigde Koninkryk, Nederland, Suid-Afrika en Duitsland en is in sewentien lande regoor die wêreld op radio gespeel.
Die Britse sanger David Bowie het verskeie kere Ike Moriz se liedjies as 'Top Song of the Week' op sy webwerf aangewys.Featured Original Music of the Week - Mirrors And Shade You Could Still In 2004 was Moriz ook verskeie kere op die Ukkasie Kunstefees in Londen saam met verskeie ander Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Dozi, Heinz Winckler, Nianell en Steve Hofmeyr het opgetree.
Moriz het ook kleiner rolle vertolk en verskyn in internasionale films soos 'Alfie' (2004), 'Shanghai Knights' (2003) en 'Love Actually' (2003), asook in Suid-Afrikaanse en Britse TV-reekse soos 'EastEnders', 'Strike Back' (2010), 'Backstage' (2006), 'Family Affairs' en 'The Bill'.
In Suid-Afrika en internasionaal (sedert 2005) duimnael|regs|Ike Moriz in Grande Roche Amfiteater, Paarl, 12 Desember 2020 Moriz woon sedert Mei 2005 amptelik in Suid-Afrika, waar hy dadelik groot mediadekking ontvang het met sy tweede album 'Play Me' en die enkelsnitte 'I Feel Real' en 'Play Me'.Play Me is getting much play Hy het via die media en optredes vinnig landswyd bekend geword en is in 2006 as een van die land se top vyf sangers aangewys.2005 ZA Zone Awards: Top 5 vocalist in SAValentine Stars
Dit is gevolg deur nog 'n album in die rock / pop-genre 'All Around The World' (2007), wat hy vir die eerste keer aangebied het met bekendstellingskonserte in Fashion-TV-Cafés in Johannesburg en Kaapstad. Die albumbekendstelling in Kaapstad het gelyktydig plaasgevind as CD-partytjies in Duitsland, Nederland en Groot-Brittanje.Bergedorf TV: Ike Moriz – ein internationaler Popstar aus Bergedorf
Moriz tree gereeld saam met 'n verskeidenheid begeleidende musikante op, soos in die Oude Libertas-amfiteater, die Victoria & Alfred Waterfront, in Kirstenbosch Botaniese Tuin, talle hotelle en verskeie nagklubs, teaters en wynplase. In 2008 het die kunstenaar, voorheen bekend as 'n Indie-pop- en Rocksanger, begin om 'n verskeidenheid ander musiekstyle aan te bied, soos sy "Stardust Trilogy" (2009, drie albums in die Swing- en Jazz-genre). Die styl, wat vir hom nuut was, het die deur oopgemaak vir 'n nog groter gehoor, veral in die sogenaamde hoofstad van jazz, Kaapstad, waar die vierde grootste jazzfees ter wêreld sedert 2000 jaarliks gehou word. In dieselfde jaar publiseer hy die Kersalbum 'Starry Night', waarvoor hy ook 'n musiekvideo in Duitsland by die Hamburg-Sterrewag in die Bergedorf-distrik opgeneem het, en tree verskeie kere op by die 'Vision Sternwarte'-fees. Sedert hy na Suid-Afrika verhuis het, het Moriz al sy albums en enkelsnitte opgeneem in die Paris Studios opname-ateljee in Vishoek. Tussen 2010 en 2016 het nog sewe Jazz en Swing albums gevolg, sowel as albums in die genres Easy Listening, Latin, Lounge, Blues en Pop-Rock. duimnael|links|Ike Moriz by kasteel Reinbek, 2022 Na sy album 'Gold Rush' (2017) het Moriz in 2018 vir die eerste keer 'n trefferalbum 'Millennium Hits 2002-2018' uitgereik. In April van dieselfde jaar word Moriz se eerste enkelsnit in Afrikaans uitgereik, 'n interpretasie van die Louis van Rensburg-lied “Voshaarnooi”. Moriz se jongste album, 'Dragons', is op 14 Mei 2020 tydens die Covid-19 grendeltyd vrygestel op Moriz se verjaardag, saam met die musiekvideo van sy liedjie “Say Your Name”. Moriz het wel laat in 2021 en in die somer van 2022 'n kort 'Dragons Tour' saam met saksofoonspeler Kurt Buschmann in Duitsland aangepak om sy nuwe album te bevorder. Tydens die toer het hy opgetree by die kasteel Vietgest, St. Michaelis-kerk, Hamburg sowel as die kasteel Reinbek waar hy Billy Joel se anti-oorlogslied Leningrad tydens 'n onderhoud op die Duitse TV-kanaal NDR 3 uitgevoer het..https://themenwelten.abendblatt.de/serrahneins-bergedorf-ike-moriz-wentorf-suedafrika-154290https://www.youtube.com/watch?v=LDOvr9vKAeA In 2023 was hy weer op toer in Duitsland, waar hy ook saam met die Suid-Afrikaanse Steinway-kunstenaar Charl Du Plessis opgetree het."Konsert in die Baroksaal met Ike Moriz en Charl Du Plessis" . Besoek op 8 Augustus 2023.
Die veelsydige liedjieskrywer sing in Engels, maar het ook liedjies in Duits, Afrikaans, Spaans, Xhosa en Frans gesing. Hy toer sedert 2010 een keer per jaar saam met o.a. die Hamburgse saxofoonspeler Kurt Buschmann.Buschmann und Moriz auf Tour In Suid-Afrika speel en toer Moriz met bekende ateljeemusikante en musiekgroepe soos die Kaapse Filharmoniese Orkes, die 'Ike Moriz Swing Band', die saxofoonspeler Willie Van Zyl, kitaarspeler Willem Moller, Gregory Schoeman, Gorm Helfjord, David Leadbetter of Jeremy Olivier, tromspelers Kevin Gibson, Paul Tizzard, Ivan Bell, Shaun Michau, Tony Paco, Barry van Zyl en Frank Paco, pianiste Andrew Ford, Charl Du Plessis, Amanda Tiffin, Muriel Marco, Jason Reolon, Andre Petersen en baskitaarspeler Robert Nel, Wesley Rustin, Emilio Gassibe, Dave Ridgeway en Charles Lazar. Ander bekende Suid-Afrikaanse sangers soos Judith Sephuma, Monique Hellenberg, Elana Afrika en Melanie Scholtz het ook saam met hom opgetree of saam met hom liedjies opgeneem.
Gedurende sy loopbaan het Ike Moriz in agtien lande opgetree: Suid-Afrika, Groot-Brittanje, Duitsland, Namibië, Marokko, Spanje, Italië, Griekeland, Frankryk, Portugal, Senegal, Malta, Turkye, Nederland, Luxemburg, Kanariese Eilande, Botswana en België. Al sy musikale werke is vrygestel deur CD Baby en sy eie platemaatskappy Mosquito Records London PTY Ltd, gepubliseer en versprei deur Jassics Music (Jazz-albums) en Select Music Distribution (eerste drie albums en maxi-singles). Sy musiekkatalogus word in Suid-Afrika herpubliseer deur Sheer Publishing.
Sosiale bydrae duimnael|Ike Moriz en Monique Hellenberg sing by die Ball of Hope 2025 in die Westin Hotel-balsaal saam met die Ike Moriz Swing-orkes in Kaapstad, Suid-Afrika, 10 Mei 2025. Ike Moriz is passievol oor liefdadigheidswerk. Saam met die fotograaf en skrywer Kiara Worth stig hy in 2014 die belangegroep 'Fresh Air For Hout Bay' vir omgewingsbeskerming, waarvoor hy die proteslied 'Lucky Star Ain't What You Are' gepubliseer het. Hy verskyn in talle koerantberigte en betogings as woordvoerder.Claims something is fishy in Republic of Hout Bay, Hout Bay residents cry foul over smell
In 2015 komponeer en publiseer hy 'n 'anthem' vir die Suid-Afrikaanse 'Volunteer Wildfire Services' (VWS), 'Heroes In Red'.Volunteer Wildfire Services Cape Town
Hy het ook 'n spesiale bydrae gelewer aan die Kaapstadse dierewelsynsvereniging D.A.R.G. deur gratis konserte aan te bied en by liefdadigheidsgeleenthede gespeel om epilepsie-navorsing in die Rooikruiskinderhospitaal in Kaapstad te ondersteun met die 'Alexi and Me'-veldtog. Hy speel ook gereeld by Rotariërs in Kaapstad om hul gemeenskapsdiens te ondersteun. In 2008 verskyn Ike Moriz as een van die hoofkunstenaars van 'Zimfest' saam met ander bekende groepe soos 'Freshlyground' en 'The Rudimentals' om die werk van die nie-vir-winsorganisasie 'PASSOP' te ondersteun. In 2006 het Ike ook saam met dertien ander Suid-Afrikaanse bekendes aan die enkelsnitopname van 'Greatest Love Of All' deelgeneem om geld in te samel vir die "Differently Abled 24/7/36 Initiative". Moriz, 'n ywerige drawwer, neem gereeld deel aan, en is behulpsaam by sy plaaslike 'Parkrun' in Houtbaai. In Augustus 2022 het Moriz by Hamburg se hooflandmerk, die St. Michaelis-kerk, gesing ter ondersteuning van die kinderhulporganisasie Plan International, nadat die konsert eers in 2020 uitgestel is weens die Covid-19-pandemie in Duitsland.https://www.plan.de/magazin/artikel/aktuelles/love-swings-fuer-die-rechte-der-maedchen.html
Op 10 Mei 2025 het Ike saam met sy swing-orkes opgetree by die jaarlikse BALL OF HOPE by die Westin Grand Hotel in Kaapstad ter ondersteuning van die holistiese ontwikkelingsagentskap HOPE Kaapstad.https://hopecapetown.orghttps://touchlocal.evvnt.com/?_evDiscoveryPath=/event/106524063n-ball-of-hope-ike-moriz-swing-band
Persoonlike lewe duimnael|regs|Ike Moriz en sy vrou Madri (2015) Moriz is sedert 2012 getroud met Madri le Roux-Moriz, suster van die bekende Suid-Afrikaanse sanger Nataniël. Hulle woon met hul dogters Sofia en Kateline in Houtbaai in die Wes-Kaap.Sarie: Ons Praat Met...
Op die beroemde Chapmanspiek-rylaan bokant Houtbaai is 'n rotsformasie in 2012 vernoem na Ike Moriz ('Ike's Thumb').The Sentinel, Hout Bay churns out yet another talent"Chappies thumbs up helps singer rock on", Karen Watkins, Sentinel News, 8 Augustus 2023
Gepubliseerde musiek
CDs/Albums Almal vrygestel onder Mosquito Records London-etiket
Samestelling Albums 2002: Centre Stage – A New Music Compilation (CD, Samestelling), Etikette: Matchbox Recordings 2006: MK89-Hoordosis Vol.1 (Dubbel-CD, Samestelling), Etikette: Next Music (No. NextCD063, UPC: 6009694020626) 2018: Millennium Hits 2002-2018 (CD, Samestelling), Etikette: Mosquito Records London (No. MOS0029, UPC: 191924968221)
Enkelsnitte en EP's Almal vrygestel onder Mosquito Records London-etiket 2002: Fall Into The Sun (CD, Maxi) 2002: You Could (CD, Maxi) 2005: Play Me (CD, Maxi) 2011: Still (CD, Maxi) 2014: To Cape Town 2014: Forevermore (CD, Maxi) 2015: Heroes In Red (CD, Enkelsnit) 2015: Lucky Star Ain't What You Are (Feat. Spike Parker) (CD, Enkelsnit) 2016: On Our Way (CD, Enkelsnit) 2018: Voshaarnooi (CD, Enkelsnit)