Bagheli (बघेली) of Baghelkhandi is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 2,7 miljoen mense in die Indiese deelstate Madhya Pradesh en Uttar Pradesh gebesig word. Dit is nou verwant aan Awadhi, Chhattisgarhi en Oriya, maar ook aan Bundeli, die taal van die aangrensende Bundelkhand verder wes. Die taal word met die Devanagari-alfabet geskryf. Dit is die taal van Baghelkhand, 'n streek in Madhya Pradesh en Uttar Pradesh. Bagheli word soms as 'n dialek van Hindi of 'n taal binne die Hindi-tale beskou, afhangende van die definisie.
Verwysings
Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Tale van Indië Kategorie:Uttar Pradesh