Zamuxolo Joseph Peter (10 Januarie 1965 – 31 Julie 2020) was 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy het as 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vanaf 2019 tot 2020 gedien. Hy was die burgemeester van die Makana Plaaslike Munisipaliteit tussen 2011 en 2015, asook 'n lid van die African National Congress.

Vroeë lewe en loopbaan Zamuxolo Joseph Peter is op 10 Januarie 1965 in Riebeeck-Oos, noord van Grahamstad gebore. Hy moes sy skoolloopbaan staak nadat sy pa, 'n plaasarbeider, oorlede is. Hy het later aan Border Technikon en aan die Beit Berl Kollege in Israel gestudeer.

Peter was lid van die United Democratic Front. Binne die African National Congress het hy as 'n streekvoorsitter en 'n lid van die provinsiale uitvoerende komitee gedien.

Na die munisipale verkiesing van 1995 is Peter tot burgemeester van die Riebeeck-Oos-oorgangsraad verkies. Hy is in die 2000-verkiesing as 'n wyksraadslid van die nuutgestigte Makana Plaaslike Munisipaliteit verkies. Peter is in 2011 tot burgemeester van Makana verkies en het die amp tot sy bedanking in 2015 beklee.

Parlementêre loopbaan Peter was 13de op die ANC se streeklys vir die 2019-verkiesing geplaas. Hy is op 22 Mei 2019 as 'n parlementslid ingehuldig.

Komiteelidmaatskap Portefeuljekomitee vir toerisme Staande Komitee vir Ouditeur-Generaal

Afsterwe Peter is op 31 Julie 2020 oorlede aan komplikasies weens 'n koronavirusinfeksie. Hy word deur sy vrou en drie kinders oorleef.

Verwysings

Eksterne skakels Profiel op People's Assembly

Kategorie:Geboortes in 1965 Kategorie:Sterftes in 2020 Kategorie:Xhosas Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Sterftes aan Kovis-19