Die Humpata-aalwyn (Aloe varimaculata) is 'n spesie van die genus Aloe en is endemies aan Angola. Dit kom in die suidwestelike hooglande in Angola by Humpata vlei en Lebapas voor. Die aalwyn is klein en bossieagtig. Die plant word tot 500 mm hoog. Die blomme vorm in Mei en is oranje-rooi. In Engels staan die aalwyn bekend as die Humpata aloe. Die spesie is eers in 2009 ontdek.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van aalwynspesies

Bronne PlantZAfrica Journal Flick Plants of the World Online

Kategorie:Bome Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Endemiese plante van Angola