Namibië volg ’n grootliks onafhanklike buitelandse beleid met voortdurende affiliasies met state wat bygestaan het in die stryd om onafhanklikheid, insluitend Libië, Kuba en die Volksrepubliek China. Met 'n klein weermag en 'n swak ekonomie was die Namibiese regering se vernaamste buitelandse beleid gemoeid met die ontwikkeling van sterker bande met die ander lande in Suider-Afrika. As ’n dinamiese lid van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is Namibië ’n uitgesproke voorstander vir groter streeksintegrasie. Namibië het op 23 April 1990 die 160ste lid van die Verenigde Nasies geword. Dit het ook met onafhanklikheid die vyftiende lid van die Britse Statebond geword. africanhistory.about.com: Africa and the CON. Besoek op 21 Maart 2019.

Internasionale dispute

Namibië is betrokke by verskeie internasionale internasionale dispute. Kommissie met Botswana opgerig om klein oorblywende geskille langs die Kaprivistrook op te los, insluitend die Situngu-moeraslande langs die Linyantirivier. Botswana-inwoners protesteer die beplande oprigting van die Okavango hidro-elektriese dam by die Popa-watervalle. Bestuurde geskil met Suid-Afrika oor die ligging van die grens in die Oranjerivier. Dormante dispuut oor waar die grense van Botswana, Namibië, Zambia en Zimbabwe bymekaarkom. Angolese rebelle en vlugtelinge wat steeds in Namibië woon.

Bilaterale betrekkinge Afrika Land Formele Verhoudinge BeginNotas Algerië het 'n ambassade in Windhoek. Namibië het 'n ambassade in Algiers. In 1999 het Namibië 'n onderlinge verdedigingspakt met sy noordelike buurland Angola onderteken. Dit het 'n invloed gehad op die Angolese Burgeroorlog wat sedert Angola se onafhanklikheid in 1975 aan die gang was. Die regerende party SWAPO van Namibië wou die regerende party MPLA in Angola ondersteun om die rebellebeweging UNITA, wie se vesting in die suide van Angola grensend aan Namibië is, te beveg. Die verdedigingspakt het Angolese troepe toegelaat om Namibië se gebied te gebruik wanneer hulle UNITA aanval.

Die alliansie tussen SWAPO en MPLA het diep wortels en het begin namate beide die regerende partye van Angola en Namibië onafhanklikheid in die middel van die twintigste eeu en in die Angolese Burgeroorlog nagestreef het. In Angola veg die linkse beweging MPLA teen die regse beweging UNITA, wat deur Suid-Afrika ondersteun is. In Namibië veg SWAPO, wat toe 'n rebellebeweging was, vir onafhanklikheid van Suid-Afrika langs die Angolese grens. Angola het SWAPO toegelaat om opleidings- en vlugtelingkampe op te rig vir Namibiërs en PLAN (People's Liberation Army of Namibia) vegters. Aangesien MPLA en SWAPO 'n gemeenskaplike ideologie gedeel het, en 'n gemeenskaplike vyand in Suid-Afrika gehad het, het hulle saamgewerk. Die Angolese burgeroorlog het tot gevolg gehad dat 'n groot aantal Angolese vlugtelinge na Namibië gekom het. Op sy hoogtepunt in 2001 was daar meer as 30 000 Angolese vlugtelinge in Namibië. Die rustiger situasie in Angola het dit vir baie van hulle moontlik gemaak om met die hulp van die UNHCR terug te keer huis toe, en in 2004 het slegs 12 600 Angolese in Namibië oorgebly. Die meeste van hulle woon in die vlugtelingkamp Osire noord van Windhoek. Angola het 'n ambassade in Windhoek en 'n konsulaat-generaal in Oshakati en Rundu. Namibië het 'n ambassade in Luanda. Die betrekkinge tussen Botswana en Namibië is vriendelik, met die twee buurlande wat te opsigte van ekonomiese ontwikkeling saamwerk. Botswana het in September 1966 onafhanklikheid van Brittanje verkry. Namibië het in 1990 onafhanklikheid van Suid-Afrika verkry na die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog. Botswana het 'n hoëkommissaris in Windhoek. Namibië het 'n hoëkommissaris in Gaborone. Ivoorkus is geakkrediteer tot Namibië via sy ambassade in Pretoria, Suid-Afrika. Namibië is kruis-geakkrediteer tot die Ivoorkus via die Namibiese hoëkommissaris in Abuja, Nigerië. Egipte het 'n ambassade in Windhoek. Namibië het 'n ambassade in Kaïro. Eswatini is geakkrediteer tot Namibië via sy hoëkommissaris in Pretoria, Suid-Afrika. Namibië is geakkrediteer tot Eswatini via sy hoëkommissaris in Pretoria, Suid-Afrika. Gedurende die tydperk van Suid-Afrikaanse beheer was Ethiopië een van die land se voorste voorstanders vir onafhanklikheid in die buiteland. Ethiopië en Liberië was die eerste twee state wat die kwessie van onafhanklikheid vir die destydse Suidwes-Afrika by die Verenigde Nasies aanhangig gemaak het.The South West Africa/Namibia dispute by John Dugard

In 2007 het die twee regerings 'n ooreenkoms onderteken wat die lugvaart tussen die twee state uitgebrei het.Ethiopia, Namibia sign air transport agreement In Desember In 2009 het Namibië se minister van buitelandse sake, Marko Hausiku met die Ethiopiese minister van buitelandse sake Seyoum Mesfin vergader en kennis geneem van die ekonomiese, wetenskaplike, tegniese en kulturele ooreenkomste tussen die twee lande en het hy 'n wens uitgespreek om die handelsbetrekkinge te verbeter.Ethiopia, Namibia working out to step up cooperation areas

Ethiopië is geakkrediteer tot Namibië via sy ambassade in Pretoria, Suid-Afrika. Namibië het 'n ambassade in Addis Abeba. Ghana het 'n hoëkommissaris in Windhoek. Namibië het 'n hoëkommissaris in Accra. Kenia het 'n hoëkommissaris in Windhoek. Namibië is geakkrediteer tot Kenia via sy hoëkommissaris in Dar-es-Salaam, Tanzanië. Saam met talle ander Afrika-lande het Namibië ook in die Tweede Kongo-oorlog ingegryp. Die besluit van Namibië om by die konflik aan te sluit het gelei tot kritiek van opposisiepartye, die publiek sowel as binne die regerende party SWAPO. Die DRK het 'n ambassade in Windhoek. Namibië het 'n ambassade in Kinshasa. Die Kongo het 'n ambassade in Windhoek. Namibië het 'n ambassade in Brazzaville. Lesotho is geakkrediteer tot Namibië via sy hoëkommissaris in Pretoria, Suid-Afrika. Namibië is geakkrediteer tot Lesotho via sy hoëkommissaris in Pretoria, Suid-Afrika. In 1960 het Liberië en Ethiopië regsgedinge teen Suid-Afrika in die Internasionale Geregshof aanhanig gemaak weens die land se besetting van Namibië.Liberia, Namibia Sign Agreement aimed at Strengthening Bilateral Relations NewLiberian.com, 15 Julie 2008 As deel van Liberië se steun vir die bevrydingstryd van Namibië het baie studente van Namibië Liberiese paspoorte ontvang wat hulle in die buiteland gehelp het om te studeer. Vanaf Julie 2008 is altesaam 5 900 Verdedigingsmag van Namibië troepe deur Liberië geroteer as deel van die Verenigde Nasies se sending in Liberië.Liberia and Namibia to trade more The Namibian, 15 Julie 2008 Namibië het 'n aantal jare 'n bataljon van ongeveer 800 personeellede in Grand Cape Mount -korps onderhou, vir die grootste deel van die periode deel van UNMIL Sektor 2, met die hoofkwartier in Tubmanburg. In Mei 2005 word die troepe van Namibië n beskuldig van seksuele uitbuiting van jong meisies en vroue; Drie soldate in Namibië is van die mag af huis toe gestuur nadat 'n Verenigde Nasies se ondersoek hulle skuldig bevind het aan 'seksuele aktiwiteite met burgerlikes', wat teen die Verenigde Nasies se reëls vir vredesbewaarders is.NDF to probe Liberia sex scandal The Namibian, 26 Mei 2005 Liberië is geakkrediteer tot Namibië via sy ambassade in Pretoria, Suid-Afrika. Namibië is geakkrediteer tot Liberië via sy hoëkommissaris in Abuja, Nigerië. Libië het 'n ambassade in Windhoek. Namibië is geakkrediteer tot Libië van sy ambassade in Algiers, Algerië. Madagaskar is geakkrediteer tot Namibië van sy ambassade in Pretoria, Suid-Afrika. Namibië is geakkrediteer tot Madagaskar van sy ambassade in Harare, Zimbabwe. Mosambiek is geakkrediteer tot Namibië via sy hoëkommissaris in Pretoria, Suid-Afrika. Namibië is geakkrediteer tot Mosambiek via sy hoëkommissaris in Pretoria, Suid-Afrika. Namibië en Nigerië het bindende bilaterale ooreenkomste, maar vanaf 2014 was die handel tussen die twee lande min. In Maart 2014 het die Nigeriese president Goodluck Jonathan Namibië besoek vir Namibië se 24ste onafhanklikheidsdagvieringe. Die twee lande het ook die stigting van 'n olieraffinadery vir Nigeriese olie in Namibië bespreek.

Namibië het 'n hoëkommissaris in Abuja. Nigerië het 'n hoëkommissaris in Windhoek. Namibië is geakkrediteer tot Senegal via sy hoëkommissaris in Abuja, Nigerië. Senegal is geakkrediteer tot Namibië via sy ambassade in Pretoria, Suid-Afrika.1994 Na onafhanklikheid in 1990 was die ekonomie van Namibië nog steeds nou verbind aan Suid-Afrika's. Tot vandag toe word die ekonomie van Namibië steeds nou verbind met Suid-Afrika deur beide institusionele verhoudings (byvoorbeeld Suider-Afrikaanse Doeane-unie en mynbou in private besit.Namibia – Economy Die Suid-Afrikaanse rand is nog steeds 'n wettig geldeenheid in Namibië, terwyl die [Namibiese dollar] in Suid-Afrika is nie. Die geldeenhede word plaaslik gelykop verhandel. Namibië het 'n hoëkommissaris in Pretoria en 'n konsulaat-generaal in Kaapstad. Suid-Afrika het 'n hoëkommissaris in Windhoek. Namibië het 'n hoëkommissaris in Dar-es-Salaam. Tanzanië is geakkrediteer tot Namibië via sy hoëkommissaris in Pretoria, Suid-Afrika. Tsjad is geakkrediteer tot Namibië van sy ambassade in Pretoria, Suid-Afrika. Namibië is geakkrediteer tot Tsjad van sy ambassade in Kinshasa, Demokratiese Republiek van die Kongo.1990 Albei lande het in 1990 diplomatieke betrekkinge gevestig.

Namibië is geakkrediteer tot Tunisië van sy ambassade in Algiers, Algerië. Tunisië is geakkrediteer tot Namibië van sy ambassade in Pretoria, Suid-Afrika. Namibië is geakkrediteer tot Uganda via sy hoëkommissaris in Dar-es-Salaam, Tanzanië. Uganda is geakkrediteer tot Namibië via sy hoëkommissaris in Pretoria, Suid-Afrika. Namibië het 'n hoë kommissaris in Lusaka. Zambië het 'n hoë kommissaris in Windhoek. Die regerende partye van Namibië (sedert onafhanklikheid in 1990) en Zimbabwe (sedert onafhanklikheid in 1980) het nou bande gehad sedert die voor-onafhanklikheidsdae, aangesien albei antikoloniale bewegings teen wit minderheidsregerings was.Zimbabwe heaps praise on Swapo's transition effort by Tangeni Amupadhi, The Namibian, 3 Junie 2004 Namibië stuur troepe van die Namibiese weermag na die Demokratiese Republiek van die Kongo saam met Zimbabwe in 'n SAOG-koalisie ter ondersteuning van president Joseph Kabila.Namibia and Zimbabwe – the second liberation by Henning Melber, pambazuka.org, 13 Mei 2008 Namibië het 'n ambassade in Harare. Zimbabwe het 'n ambassade in Windhoek.

Amerikas

Land Formele verhoudinge beginNotas Argentinië is geakkrediteer tot Namibië van sy ambassade in Pretoria, Suid-Afrika. Namibië is geakkrediteer tot Argentinië van sy ambassade in Brasília, Brasilië.1990 Brasilië het 'n ambassade in Windhoek. Namibië het 'n ambassade in Brasília. Chili is geakkrediteer tot Namibië van sy hoëkommissaris in Pretoria, Suid-Afrika. Namibië is geakkrediteer tot Chili van sy ambassade in Brasília, Brasilië. Colombia is geakkrediteer tot Namibië van sy ambassade in Pretoria, Suid-Afrika. Namibië is geakkrediteer tot Colombia van sy ambassade in Brasília, Brasilië. Kanada se verhouding met Namibië het in 1977 begin toe Kanada by die Westerse Kontakgroep aangesluit het, 'n gesamentlike diplomatieke poging van Frankryk, Verenigde Koninkryk, Verenigde State, Kanada en Wes-Duitsland om 'n internasionaal aanvaarbare oorgang na onafhanklikheid vir Namibië te bewerkstellig . In 1990 het amptelike betrekkinge begin; Kanada het 'n ere-konsul na Windhoek gestuur.Canada-Namibia relations Foreign Ministry of Canada