Bernard Glemser (20 Mei 1908–3 April 1990), ook bekend onder die skuilname Robert Crane en Geraline Napier, was 'n skrywer van fiksie-, niefiksie- en kinderboeke. Hy dien in die Britse Lugmag as 'n intelligensie offisier gedurende die Tweede Wêreldoorlog, en is daarna werksaam in die Verenigde State vir die Britse regering vir 'n aantal jare. Hy spits hom daarna toe op skryfwerk. Sy eerste roman, getiteld Love for Each Other, verskyn in 1946.

Sy roman, Girl on the Wing, is verwerk vir 'n rolprent getiteld Come Fly With Me (wat daarna heruitgereik is as The Fly Girls). Glemser het ook gebruik gemaak van skuilname – hy het onder die skuilnaam Robert Crane wetenskapsfiksie geskryf soos Hero's Walk (1954), en onder die skuilnaam Geraline Napier verskeie romanse geskryf. Wat sy niefiksiewerk betref, het hy Man Against Cancer (1969) geskryf, wat gebaseer is op sy onderhoude met gerekende kankernavorsers.

Glemser se boeke vir kinders, getiteld All About the Human Body en All About Biology, is in verskeie tale vertaal en deur Unesco versprei in Afrika, Asië en die Midde-Ooste.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1908 Kategorie:Sterftes in 1990 Kategorie:Engelse skrywers